'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Bloubessies se geskiedenis
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die blouswart, plomp bessies het ’n soet geur en effense suur smaak. Hulle is heerlik rou, maar selfs lekkerder wanneer hulle gaargemaak word. Bloubessies word veral in die George-omgewing verbou en Suid-Afrika is een van die grootste produsente in die Suidelike Halfrond.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Koop só
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die vruggies moet ferm en nie gekneus of verrimpel wees nie, en veral nie suur of muwwerig ruik nie. Vermy pakkies met sapperigheid onderin, want dit dui op ’n slegte bessie(s) wat ander kon “aansteek”. Die bessies het ’n natuurlike silwer laag wat hulle teen die son beskerm en aandui dat hulle vars is.
Bêre só
Die bessies kneus maklik, hanteer hulle maar versigtig. Die vruggies bly vir ’n paar dae vars in die yskas, of vries hulle en gebruik later vir souse of gladdejantjies (smoothies).
Gebruik só
Bak in terte of kolwyntjies, meng met jogurt vir ontbytdrankies, of gebruik as kleurryke sous saam met romerige kaaskoek. ’n Gestoofde bloubessiesous is heerlik saam met eend.
Geurpasmaats
Room, suurroom, wildsvleis, lemmetjie, suurlemoen, amandel, sjokolade, kaneel, kruisement.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.