kategorieë: Kos

Blitsidees met kruie

Maak gegeurde botter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Meng 250 g sagte botter met ’n groot hand vol kruie (grasuie, pietersielie, tiemie, dille en roosmaryn werk goed), die uitgedrukte sap en skil van ’n halwe suurlemoen, ’n fyn gekapte knoffelhuisie, sout en gemaalde swartpeper na smaak. Verdeel in twee en skep op stukkies kleefplastiek. Vorm in rolletjies en sit in die yskas. Smelt oor geroosterde groente, geskroeide beesfilet, geroosterde vis of roer deur warm aartappels. Hou vir tot tot 2 weke in die yskas, of vries vir tot drie maande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak geurige olies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verhit 250 ml (1 k) olyfolie (nie te warm nie). Voeg ’n hand vol kruie van jou keuse by en verpulp in ’n voedselverwerker. Gooi deur ’n sif en skep in ’n glasbotteltjie. Hou in ’n donker kas. Maak ook seker die blaartjies of takkies is met olie bedek.

Maak jou eie pesto

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kap 2 groot hande vol basiliekruid, 50 g (½ pakkie) dennepitte of makadamianeute, 2 knoffelhuisies, 50 g (½ k) gerasperde parmesaan en sout na smaak in ’n voedselverwerker fyn. Voeg 80 ml (¹⁄³ k) olyfolie drupsgewys by en geur met swartpeper. Skep in ’n gesteriliseerde botteltjie en hou vir tot twee weke in die yskas. Gebruik as doopsous, roer deur pasta of gebruik as ’n smeermiddel oor geroosterde vleis en bruschetta.

Kruie is hoogs bederfbaar. Droog oorskietkruie: bind dit in bossies saam en hang in jou kombuis op. Stoor in ’n lugdigte houer sodra die kruie droog is.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.