Foto: Pexels
Die samestelling van borsmelk verander met elke voeding. Wanneer jy jou baba die eerste keer begin voed, bevat jou melk meestal laktose en proteïene en dit het ’n blou skynsel. Aan die einde van die voeding begin jou baba hindmilk drink. Dit bestaan meestal uit vet en gee jou baba die kalorieë wat hy/sy nodig het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Borsmelk bevat twee hoof soorte proteïene, genaamd wei en kaseïen. Daar is meer wei-proteïene as kaseïen en dit is infeksiewerend. As jy formule-melk gebruik, maak seker die wei-tot-kaseïen proteïen is soortgelyk aan borsmelk, anders het jou baba ’n groter kans om infeksie op te doen en hy/sy sal sukkel met die vertering van melk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Jou borste sal altyd net genoeg melk produseer: Dit is merkwaardig dat jou borste net soveel melk sal produseer as wat jou baba nodig het, niks meer en niks minder nie. Wanneer jy begin borsvoed, sal jou borste meer melk produseer, maar as voeding afneem, sal jou liggaam al minder produseer totdat dit natuurlik ophou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Benewens die verlaging van die risiko van kinderjare-vetsug, kan borsmelk die IK van borsvoedingbabas verhoog, meen wetenskaplikes. Hul IK kan selfs 8 punte hoër wees as dié van babas wat nie geborsvoed word nie, en die verskil kom veral by verbale evaluerings voor. Dit is ’n twee-deel hipotese: die voedingstowwe in borsmelk help breinontwikkeling en verstandelike vaardighede terwyl die werklike aksie van borsvoeding ’n intieme ervaring is wat ook die baba se ontwikkeling aanhelp.
Babas ontvang al die voedingstowwe wat siektes beveg uit borsmelk en dit voorkom infeksies en ander siektes. As jy borsmelk en bottelmelk afwissel, kry die baba nie dieselfde siektewerende bestanddele in om siektes die eerste jaar af te weer nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Melksamestelling verander gedurende die dag en die hoeveelheid kalorieë wat jou baba met elke voeding inneem, kan wissel. Nog ’n faktor wat melksamestelling kan beïnvloed, is die ma se dieet. Dit kan bepaal hoeveel vet en kalorieë aan die baba oorgedra word.
As jy ’n mamma is wat borsvoed en in staat is om so min as 50 ml melk per dag uit te pomp, oorweeg asseblief om dit te skenk. Dit kan ’n lewensreddende opsie vir baie premature babas wees.
Kontak milkmatters.org vir meer inligting.
Inligting verskaf deur Inspired Women.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.