kategorieë: Blogs

Casablanca

Wanneer hulle hoor dat ons van Suid-Afrika is, is die reaksie eers een van ongeloof, siende dat Ben se gelaatstrekke eerder by dié van ‘n Spanjaard (of met ‘n tulband om die kop, by ‘n Arabier) hoort, maar sodra die besef insink dat ons die waarheid praat, word ons skielik as “broers, almal kinders van Afrika” verwelkom. In plaas van die tipies vervalle Afrika-mentaliteit is die inwoners Europees stylvol, die strate skoon, en oral is ontwikkeling sigbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die lekkerste verrassing is egter Hotel Central, ons een aand se verblyf in Casablanca. Aanvanklik het ons nie veel hoop vir ‘n goeie, skoon nagrus gehad toe die taxi vir ons en Michael (‘n Suid-Afrikaner wat ons op die lughawe ontmoet het) by ‘n stowwerige, raserige plein in die ou Medina afgelaai het nie. Maar toe ons voete eers oor die blou en wit mosaïekdrumpel is, is daar skielik ‘n nuwe opgewondenheid. Die teëltjievloer lei ons op met ‘n ou spiraaltrap, verby hortjievensters waardeur ‘n pienk malva loer, na ‘n skel, helder oranje en blou kamer. En wanneer die venster se houtluike oopmaak, lê die hawe ‘n entjie agter ons plein op die horison.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Laat namiddag durf ons die finansiële en kommersiële hoofstad van Marokko te voet aan. Dit is ‘n stad waar wolkekrabbers in strak kontras staan teen die klein winkeltjies van die medina en sy nou kronkelstraatjies; waar jy verby hordes nederige klein huisies loop, voordat jy reg langsaan in die luukse Rick’s Café instap. Al is ek en Ben hopeloos te informeel geklee vir hierdie spoggerige restaurant en klavier-bar, so reg uit die fliek Casablanca, word ons tog verby die fluweelgordyn na die bar- toonbank begelei, ‘n ander era in. Terwyl ons stadig aan ons duur Casablanca-bier drink, met die legendariese “As time goes by” in die agtergrond, onthou ek die woorde van die Eyewitness Travel: “This is a city where the prosperous rub shoulders with the paupers”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar dit was vroeër die middag al, toe ons met sonsondergang oor die groot, oop plein van die Hassan II moskee gedrentel en met foto’s die magiese atmosfeer probeer vasvang het, dat daar ‘n gemaklike onrustigheid in my kom lê het – ek het besef dat ek in die volgende paar dae my hart stil-stil op hierdie mooie land met sy vele verrassings sal kan verloor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

11 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.