1 Drank en sigarette
Albei laat jou tydelik beter voel omdat hulle op die sentrale senuweestelsel inwerk, maar albei is verslawend en veroorsaak op hul eie depressie.
2 Eet te veel of te min
Stysel stoot jou serotonien en energievlakke tydelik op, maar lei tot oorgewig, wat opsigself ’n oorsaak van depressie is.
3 Slaap te veel of te min
Dit is jou liggaam se manier om jou kans se gee om emosioneel aan te pas. Maar dit moenie handuit ruk nie.
4 Ontkenning: Jy kan depressie lank ontken – lewenslank, as jy wil. Maar dit kortwiek jou lewensgehalte en gaan jou baie kos in terme van geluk, sukses, energie, vriendskappe, gesinsverhoudings, stres en gesondheid.
5 Medikasie sonder terapie
Hoewel depressie meestal ’n breinsiekte is, is lyers dikwels juis weens hul depressie in negatiewe gedrags- en gedagtepatrone vasgevang. ’n Kundige terapeut sal jou help om nuwe perspektiewe vas te lê.
6 Moenie medikasie te gou staak nie
Baie mense het net tydelik ’n antidepressant nodig maar jy moet minstens ’n jaar aanhou voordat jy staak. Staak baie geleidelik.
As jy bekommerd is dat ’n geliefde selfdoodgedagtes het, of as jy self selfdoodgedagtes het, kontak Pharma Dynamics se tolvrye hulplyn by 0800 205 026, wat deur opgeleide beraders beman word wat sewe dae per week van 08:00 tot 20:00 beskikbaar is.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.