Deur Salomé Delport
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Sit hierdie planne in plek, en wees seker jy is ‘n supergesonde vegetariër.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dit is waarskynlik jou grootste probleem want plante verskaf jou nie vitamien B12 nie. Daarsonder gaan jy op die langtermyn senuweeskade opdoen. Die beste opsie is om elke dag ’n aanvuller te gebruik. Aangesien jy van al die ander vitamiene en minerale meer inkry as die meeste ander mense kan jy maar belê in ’n goeie vitamien B12 aanvuller.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dit maak nie eintlik saak wanneer jy jou viamien B12 drink nie, solank jy dit gereeld – elke dag – doen.
Ons het almal ’n sterk skelet nodig wat ons vir tagtig of ’n honderd jaar lank sal hou. Daarom moet ons almal seker maak ons kry genoeg kalsium – veral in ons tienerjare wanneer ons regtig ons skelet bou en tydens swangerskap, wanneer ons ons babas se skelet help bou.
In die reël het elkeen van ons ’n 1000mg kalsium per dag nodig, en 1300mg tydens swangerskap en die tienerjare.
As jy elke dag een koppie melk (300mg), een koppie joghurt (450mg) en ’n kwart koppie kaas (60mg) gebruik is jy by sowat 800 mg kalsium. Jy is amper daar, en moet nog net een of twee kalsiumbronne bysit.
Wat van die kalsiumryke groente? Goeie keuses is een koppie arugula (125mg), een koppie broccoli (180mg) en/of een koppie spinasie (240mg).
As jy dit nie doen nie moet jy maar liewer ’n aanvuller gebruik.
Vegetariërs en vegans het amper dubbeld soveel yster nodig as mense wat vleis eet, aangesien die yster in plantkos nie so maklik opgeneem word nie.
Kry jou yster reg met gewone groentes soos spinasie, aartappels, beet en een of meer soorte bone en erte.
Sit ’n handvol rosyne by vir ’n soethappie met ’n ystervuis.
Yster word beter opgeneem as jy ’n bietjie vitamien C daarmee saam eet.
Jy sou dink vegetariërs kry vanselfsprekend genoeg vitamien C omdat hulle hope vars vrugte en groente eet. Maar met al die klaargaar vegetariese disse wat beskikbaar is gebeur dit maklik dat mens eintlik min vars groente en vrugte eet – veral in die winter wanneer slaai nie op die spyskaart is nie.
Eet dus elke dag ’n vars in-seisoen vrug of groente of twee. Dink aan al die lekker opsies, soos
(Wenk As jy klaargaar disse koop, koop ook ‘n bietjie vars pietersielie, tamatie of soetrissies, om by te sit.)
Lees ook: Help! My kind is vegetaries
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.