Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my bolognaise, maar dan voeg ek 1 kg maer maalvleis by.
Bestanddele
- 1 ui, fyn gekap
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 3 selderystokkies, fyn gekap
- 2 wortels, ruweg gerasper<
- 2 x 410 g-blikkies heel geskilde tamaties
- 30 ml (2 e) tamatiepasta
- 5 ml (1 t) suiker, indien nodig
- sout en gemaalde swartpeper
- bouquet garni gemaak van 2 lourierblare, ’n paar takkies tiemie, ’n paar takkies pietersielie
Metode
- Braai die uie en knoffel in olyfolie tot sag en deurskynend. Voeg die seldery en wortels by en braai tot sag.
- Gooi die tamaties in hul sap by die uiemengsel, en druk die tamaties met die agterkant van ’n vurk fyn.
- Voeg die tamatiepasta by en proe. As dit te suur is, voeg ’n knypie suiker by. Geur met sout en peper.
- Voeg die bouquet garni by en bedek. Prut liggies vir sowat 10 min. Haal die bouquet garni uit en sit met jou gunstelingpasta voor.