• Bierstyle val in die kategorie van ’n ale of lager. Die verskil lê in die fermentasieproses en die daaropvolgende geure wat ontwikkel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• Ale is die oupa van die biere en word al eeue lank gebrou. Met ’n ale word warm fermentasie gebruik en dit onderskei dié bier van ’n lager. Jy kry ’n verskeidenheid ale, soos ligte ale, bruin ale, porters en moutbiere. Ale word deur ’n vrugtige karakter gekenmerk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• Met ligte ale word die vaal mout liggies gerooster om ’n meer elegante geur te gee. Bruin ale of donker ale het ’n donker amberkleur en is ’n ouwêreldse styl bier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }• Lager gis langer by laer temperature. Die woord “lager” beteken “stoor” in Duits en verwys na die destydse gebruik om die bier in grotte te stoor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Pilsner is ’n bekende lager-styl bier met sy oorsprong in die Tsjeggiese Republiek. Die bier het ’n kenmerkende bitter nasmaak.
• Amber beskryf ’n ale of ’n lager, en verwys na die bier se goudkleurige voorkoms.
• Weiss-biere word van koring gebrou. Die twee bekende soorte is Krystal Weiss en Amber Weiss.
• IPA of Indian Pilsner Ale het in die 1700’s ontstaan toe Engelse troepe in Indië was. Om die rakleeftyd van die bier te verleng is meer hop, ’n natuurlike preserveermiddel, bygevoeg.
Besoek www.beerlab.co.za vir meer inligting oor tuisbrou-stelle en bierbrouklasse.
Reël jou eie bierfees tuis! By www.yuppiechef.com kan jy ’n groot verskeidenheid craft-biere bestel. Hulle lewer landwyd af.
Koop ’n broustel: Mangrove Jack’s Brewing Co. se beginnerstel gee alles wat jy nodig het om 23 liter bier te brou (net nie die bottels nie) en kos sowat R995. Kyk by www.mangrovejacks.com. Jy kan ook by hulle ’n verskeidenheid brouersgis koop, soos Munich Lager, British Ale en Bavarian Wheat.
Die skuimlaag op bier is nodig om die aromatiese hop, esters en alkoholgeure vas te vang en die lekker van die bier te verleng.
Bier uit ’n blik of glasbottel se gas is te aggressief en belemmer die geur. Wanneer die bier in ’n glas geskink word, vorm die skuimkop waarin die meeste geure vasgevang is. Hou die glas teen ’n hoek van 45 grade en skink die bier teen die kant van die glas af terwyl jy die glas stadig regop bring hoe voller die glas word. Skink die laaste derde van die bier in ’n regop glas.
Nes wyn, moet bier ook by die regte temperatuur bedien word. Lagers is op hul beste tussen 6 – 9 °C en ale tussen 7 – 11 °C. Swartbier (stout) kan selfs by ’n warm 13 °C gedrink word.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.