Die Kwiksilwers, vervaardig deur Sanktuary Films en geregisseer deur Jordy Sank, vertel die verhaal van vier bejaarde vriendinne wat op ’n onwaarskynlike avontuur vertrek om ’n meteoorreën in Sutherland te sien. Die film is ’n viering van vriendskap, vryheid en die lewenslus wat nie deur ouderdom geblus kan word nie.
Elsabé Marais, ’n weduwee in haar 80’s, besluit om saam met haar drie beste vriendinne – Anna, Katie en Mienkie – op ’n padreis deur die Karoo te gaan. Met haar oorlede man se motor en sonder ’n geldige lisensie, begin hulle ’n reis vol lag, herinneringe en selfontdekking. Intussen probeer haar oorbeskermende seun hulle keer, wat lei tot ’n reeks komiese en roerende oomblikke.
Die rolverdeling bestaan uit Lida Botha as Elsabé, June van Merch, Susanne Beyers, Theresa Sedras en Jacques Bessenger. Die film het reeds verskeie toekennings ingepalm, insluitend die gehoorgunsteling-prys by die Silwerskermfees 2024, en is ook vertoon by die Joburg Film Festival 2025.
Vertonings in ’n paar plaaslike fliekteaters is verleng vanaf 6 Junie 2025. Dit kan nog hier gekyk word:
- Atlanta Cinema
- Epic Northridge
- Road House Cinema
- SKT Baywest
- SKT Brooklyn
- SKT Cradlestone
- SKT Garden Route
- SKT Mooi Rivier
- SKT Rosebank Nouveau
- SKT Somerset Mall
- SKT Tygervalley
-
SKT Vaal Mall
Amptelike Lokprent: Die Kwiksilwers