kategorieë: Blogs

Die lewe is nie fair nie. Dis OK.

Hy krap-krap met sy vurk in sy bord. Sug. Krap weer. Sug. “Mamma, ek weet regtig nie van enige ander agtjariges wat skorsies eet nie. Ook nie negejariges nie. Ek dink jy begin eers skorsies eet as jy tien is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hy sug weer. Ek sukkel om my lag te hou, maar druk deur. “Skorsies is goed vir jou. Eet.” Skielik is sy blougroen oë vol trane. “Mamma, dis regtig nie fair nie. Die lewe is nie fair nie.” Hy sien hy gaan nie wen nie, staan op en gaan haal ’n groot glas water. ’n Paar happe en die skorsies word afgespoel – die lewe ís nie fair nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié week lees ek sanger Sinéad O’Connor se ope brief aan die Hannah Montana-rebel Miley Cyrus. Sinéad se woorde is eerlik en slaan hard, maar tog moederlik en vreemd-liefdevol. Sy waarsku die Wrecking Ball sanger oor die gevare wat haar huidige prostituut-beeld vir haarself en ander inhou. Dan skryf Sinéad:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Yes, I’m suggesting you don’t care for yourself. That has to change. You ought to be protected as a precious young lady by anyone in your employ and anyone around you, including you. This is a dangerous world.”

Die konteks en wêrelde is hoegenaamd nie vergelykbaar nie, maar ek is opnuut bewus van ons verantwoordelikheid om ander te help. Of ek my kind probeer kry om skorsies te eet en of die internasionaal-bekende Sinéad O’Connor vir Miley Cyrus sê wat respek vir haarself en haar lyf is, die onderliggende boodskappe is dieselfde: Dis ’n gevaarlike wêreld. Die lewe is nie fair nie. Pas jouself op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vroeër die week sit ek in ’n koffiewinkel in Kloofstraat, Kaapstad. Ek sien die blonde vrou daar. Sy ken my nie, maar ek weet presies wie sy is. Haar man, ’n bekende plaaslike en internasionale sakeman, het ’n jaar of wat gelede sy stryd teen kanker verloor.

Almal wat haar ken sê sy is ’n rots. Ek kyk hoe sy en haar vriendin koffie-in-die-hand ’n bottel olyfolie bekyk en bespreek, haar oë sag. Ek sien hoe sy haar tranerige vriendin troos. Later staan twee ander vroue nader om hulle te groet. Dié twee kom sit skuins agter my. “Sy lyk so goed, kyk so mooi na haarself en haar kinders,” hoor ek en weet dadelik van wie hulle praat. “Dit was darem nie fair nie,” sug-praat die ander. Ek wil-wil omdraai en saamgesels, maar bedink my.

Dieselfde tema duik heel week op. Broer Pieter kuier uit Lagos, Nigerië in die Kaap en middel-van-die-week sit ons saam om ’n braaivleisvuur. Dit lag en gesels, trek mekaar se siele uit, gee raad en sê ons sê oor mekaar se gewoontes. “Weet julle rook is sleg vir julle?” maan ek my broers, wat graag verkondig hulle is die enigste mans wat hulle ken met twee ma’s. “Gaan jy ál daardie poeding eet?” kry een van hulle later ’n beurt om my te berispe.

Ek weet weer: dit moet so wees. Of dit nou gaan oor skorsies, gewaagde videos, die dood, die gevare van sigaretrook of te veel suiker, ons is nie alleen nie. Genadiglik. Die lewe is ook nie fair nie. Maar dis ok.

Ons het mekaar, dis goed so.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: mari lategan

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.