kategorieë: Blogs

Die vlam wat binne brand

Die Kaap is aan die brand. Ek kyk. Staan stom. Hier, bewerig-veilig in my binnekamer. Eers aan die Engelse kant van die mooiste Kaap – oranjerooi lek die vlamme al laer en eet alles in hul bloedrooi, bloedbelope pad. Al om Tokai, doernaby, ook Houtbaai se kant toe. Al laer, en laer kruip dit, die genadelose gloed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

‘n Paar dae later kom die nuus: Jonkershoek vat vlam. ‘n Kilometer van ons huis, sê een. Alles swart, ‘n ander. Dit reën roet, sê-kla sy, sidder skaam as sy aan skoonmaak dink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Kaap, die Kaap brand. Die Kaap, hy brand skoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoor ons.

Tussen die alles sterf hy. Sir Terry Pratchett. Internasionale ikoon. Fantasieskrywer van formaat. Die een wat so baie kon sê; ook dit: “Build a man a fire and he’ll be warm for a day. Set a man on fire, and he’ll be warm for the rest of his life.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daardie vuur. Daai vuur. Ek wonder oor daai vuur.

Lees in die week weer die storie oor die jonge Kaileigh Fryer, die jong meisie van Sydney, Australië wat verlede jaar skuins voor haar twintigste verjaarsdag tragies in ‘n motorongeluk dood is. Na haar dood ontdek Ma Michelle Kayleigh se kluitklaplysie (nee, nee, asseblief tog nie; ek kies die Britse bucket list).

In haar notaboek lys sy onder meer: leer Spaans, hardloop ‘n marathon, skryf ‘n liedjie, eet pizza in Italië, neem ‘n kind aan, drink koffie saam met ‘n bejaarde en vra haar oor haar lewe, wees ‘n mentor, maak ‘n verskil, skenk bloed, skryf elke dag neer wat my gelukkig maak, neem elke dag ‘n foto, ‘n hele jaar lank . . .

Haar bucket list.
Op 19.
Net 19.

Maak kopieë en deel dit uit op haar begrafnis, sê Pa David. ‘n Bloedrooi, bloedbelope seer. Haar bucket list vat vlam.

Regoor die wêreld lek die nuus, begin ander Kayleigh se lewe leef. Maak hul klaar wat sy begin het. Brand haar binnekant, daai vlam, ja, daai einste vlam, ook ander se wêreld skoon.

“Build a man a fire and he’ll be warm for a day. Set a man on fire, and he’ll be warm for the rest of his life,” klink die eggo in my kop.

Daardie vuur. Daai vuur. Ek bly wonder oor daai vuur.

Daai vuur. Net hy.

Die een wat begin by die vlam wat binne brand.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.