Mense is dikwels negatief teenoor neute weens die hoë vetinhoud, maar laat ons finaal van dié mite ontslae raak. Neute is ’n noodsaaklike deel van ons dieet en hul voedingsvoordele is veel belangriker as die hoë vetinhoud. Hier is vier redes hoekom jy neute moet eet:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }1. Moenie alles glo wat jy lees nie, neute kan help met gewigsverlies
Bevindinge van ’n verpleegstersgesondheidstudie het getoon neut-eters is maerder as diegene wat nie neute eet nie.
2. Verdere studies het getoon diegene wat vyf keer ’n week neuter eet, verminder hul kanse om ’n hartaanval te kry met 50%.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }3. Neute bevat hoë hoeveelhede vesel, proteïen, vitamien E (wat goed is vir jou vel), en ’n verskeidenheid noodsaaklike minerale.
4. Die meeste neute is hoog in omega 3-vetsure, wat cholesterol verlaag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hier is van ons gunsteling neut-happies:
• Amandels is die supersterre van die neutfamilie (en ons gunsteling hoë proteïen-happie). Amandels is ryker in vitamien E, kalsium, magnesium en kalium as enige ander neut. Hulle is ook ’n belangrike bron van proteïen en vesel, ’n kragtige anti-oksidant, en natuurlik laag in suiker. #weheartalmonds
• Pistachioneute is die mees verslankende neute. Hulle is laag in kalorieë en hierdie klein groen neute is kragtig. Dit is ’n goeie bron van vitamien B6 wat jou bui kan lig en jou immuunstelsel versterk.
• Okkerneute: Het jy al ooit opgelet dat okkerneute soos die menslike brein lyk? Studies het getoon okkerneute kan help met die brein-funksie en gesondheid, insluitende die vermindering van die kanse van Alzheimer se siekte en demensie.
Bron: Cotton On Body
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.