kategorieë: TrendsMode

Dolce & Gabbana maak opslae met jongste reeks

Die luukse modehuis, Dolce & Gabbana, het onlangs verskeie opslae op sosiale media gemaak nadat hul eksklusiewe Abaya-reeks op Style.com/Arabia geloods is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié modehuis se ontwerpers, Domenico Dolce enStefano Gabbana, het vir die eerste keer in die modehuis se geskiedenis hul kenmerkende, sensuele silhoeëtte opsygeskuif om ’n meer lospassende voorkoms vir die Moslemvrou te skep. Na gelang hiervan bevat die reeks verskeie hijabs en abayas wat spesifiek vir Moslem-verbruikers in die midde-Ooste ontwerp is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Hijab verwys na die sluier wat Moslemvroue gebruik om hul koppe en borste mee te bedek en die abaja is ’n lospassende rok wat die grootste gedeelte van die lyf toemaak. Dit word tradisioneel in neutrale kleure soos swart gedra en stop kort voor die enkels.

Die abaja’s in die reeks is swart of beige en is van verskeie, duursame materiale gemaak. Sommige van die ontwerpe is met kant afgerond waar ander weer unieke patrone, soos polka kolle, suurlemoene en madeliefies wat ook in die modehuis se Lente/Somer 2016-reeks te sien is, vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volgens ’n amptelike persverklaring poog die modehuis om ’n pragtige, visuele storie oor die genade en skoonheid van die wonderlike vroue van Arabië,” te vertel.

Dié Abaya-reeks is reeds te koop en is beskikbaar by alle Dolce & Gabbana-winkels in die midde-Ooste, sowel as sommige winkels in Parys, Londen, Milan en Munich.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.