As jou droom jou nie bang maak nie, mik jy nie hoog genoeg nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Of so iets. Dis een van die kwotasies op daai fiksheidswebwerwe wat verkondig dat pyn swakheid is wat jou liggaam verlaat en dat niemand nog in sweet verdrink het nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Almal hoogs aanvegbare stellings, dink ek toe ek verlede Saterdag 5h45 by ‘n vulstasie in Krugersdorp staan en wag vir die groepie fietsryers waarmee ek ‘n bergfietsroete gaan doen. My gawe kamermaat vir die TransCape MTB-toer (oudkollega Teresa Coetzee) het ruimhartig genooi dat ek saam met haar fietrygroep moet kom oefen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“So tussen 60-70 km en dis nie vreeslik tegnies nie.” “En ons wag as iemand agter raak”, het sy vrolik bygevoeg.
Siende dat die meeste roetes op die TransCape heelwat langer as 100 km per dag is, is dit tyd dat ek die uitdaging grond toe stoei. Gelukkig is ek redelik fiks na ek die vakansie byna elke dag fiets gery het en al heelwat vaardiger danksy die lesse wat ek twee keer per week by Nicolle van der Greft by die PWC Bike Park kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dis toe die manne onder mekaar begin uitvra hoe dit met die Epic-oefenprogram gaan, dat ek voel hoe die swakheid my oorval eerder as verlaat.
Dis ook ongeveer tóé dat ek opmerk dat heelwat van my nuwe maats Epic plakkers op hul fietse het.
Die roete was genadig nie vreeslik tegnies nie, maar dit was helaas ook nie vreeslik stadig nie. Duidelik was my vakansieprogram nie dieselfde as die Epic-program nie.
Dit was hoofsaaklik uit vrees dat ek bygebly het. Ek het baie vining besef dat daar geen kans is dat ek ooit weer my pad na die vulstasie sou terugvind as ek agtergelaat word nie. En hoewel ek ‘n selfoon byderhand gehad het, weet ek nie hoe verduidelik mens langs watter trop skape of spannetjie koeie jy staan en wag op die soekgeselskap nie.
Iemand het agterna gevra of ek die rinkhals gesien het. Genade nee! Teen die spoed wat ons gery het, was dit byna onmoontlik om fyn detail te registreer. Ek sou nie ‘n olifant herken as ek een sou teëkom nie.
Maar ek het bygebly en klaargemaak. En dit baie geniet. Nou moet ek net dubbel die afstand per dag kan doen- elke dag vir sewe opeenvolgende dae – en ek’s reg vir die TransCape.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.