pexels.com
Deur Salomé Delport. Foto: pexels.com
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Toegegee, daar is nie regtig iets soos “veilige” of “goeie” dwelms nie. Maar mens wonder tog: is party dalk minder skadelik? ’n Glasie wyn is immers nie tik nie, en slaappille is op voorskrif te kry. Almal kan sekerlik nie ewe nadelig vir jou wees nie? Dit lei mens tot die volgende taamlik kontensieuse punt: watter dwelm is die veiligste?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die eerste feit om in gedagte te hou, volgens Dr David Nutt van die Britse Independent Scientific Committee on Drugs, is dat herhaaldelike misbruik jou liggaam op een of ander manier gaan aantas. Jy is vry om jou soort gif te kies, maar jy kan nie kies wat dit aan jou doen nie.
En dit is presies waarna Dr. Nutt se span gaan kyk het: watter nadele hou elke dwelm in en wat is die somtotaal vir elkeen?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Soos jy weet, kan mense wat tik gebruik lelike tandverrotting verwag; dagga kan lei tot oorgewig of ’n hartstilstand, met sterftes onder selfs jong gebruikers; gebruikers van kokaïen kan verwag om bloed uit te hoes en kan nierskade opdoen. Rokers moet maar bedag wees op kankers en hartsiektes, drinkers op lewerskade en Parkinsonsiekte, en so aan.
Daarby is die skades is nie net fisiek nie. Dwelms verander die manier waarop jou brein funksioneer – aan die begin dalk net tydelik maar meestal permanent soos jy dit langer gebruik. Dwelmgebruikers se gesinne en veroudings word ook beïnvloed. Dit gaan jou werk beslis raak en jou vermoë om goed geld te verdien. En vanselfsprekend gaan dit jou geld opslurp. Jy gaan dit finansieel vóél. Daarby word die meeste dwelms sterk gekoppel aan motorongelukke, geweld, misdaad en moord.
Gebaseer op al hierdie gesamentlike nadele van enige enkele dwelm het Dr Nutt en sy span die impak van die algemeenste dwelms ge-evalueer en met ’n lys vorendag gekom waarvolgens dwelms in rangorde geplaas is.
Aan elke dwelm is ’n punt uit honderd gegee, gebaseer op die effek op jou gesondheid, jou sosiale verhoudings, finansies en skade aan die breë gemeenskap wat van ongelukke tot misdaad en moord insluit.
Nota ’n Lae telling is nie ekwivalent aan “veilig” nie. Almal op die lys is skadelik. Dink so daaraan: in plaas van elkeen se punt as ’n plus te sien, plaas in jou gedagtes ’n minus-tekentjie voor die syfer. ’n -6 vir magiese sampioene is baie meer realisties as +6. ’n Ses laat dit onbedoeld lyk, asof daar so effense voordeeltjie daaraan verbonde is.
Nommer Een op die lys is …
70/100 Alkohol
55/100 Heroïen
54/100 Crack (kokaïen wat gerook word)
33/100 Metamfetamien (tik, meth, crystal meth)
28/100 Kokaïen (wat gesnuif word)
27/100 Tabak (nikotien, sigarette)
23/100 Amfetamien
20/100 Dagga
19/100 GHB (G)
16/100 Bensodiasepiene (slaappille, Rohypnol)
16/100 Ketamine (Ket)
15/100 Metadoon (’n opioïed, pynpil)
13/100 Mefedroon (white magic, meow-meow)
10/100 Butaan (aanstekergas)
9/100 Anaboliese steroïede (spierbouers)
9/100 Khat (’n plant waarvan die blare gekou word)
9/100 Ecstacy (E)
8/100 LSD
7/100 Buprenorfien (pynstiller)
6/100 Magiese sampioene
Wat as mens skade aan jou geldsake, motorongelukke en misdaad weglaat en net kyk na skade aan jou eie liggaam en verstand? Dan lyk die skadelikste dosyn dwelms so:
Verrassend, né?
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.