kategorieë: Blogs

Eerstes

Die storie oor die aanstelling van die eerste, voltydse vroue-afrigter in die geskiedenis van Amerikaanse voetbal het die wêreld aan die gons. Kathryn Smith, ‘n skamele 30 jaar oud, het haar loopbaan begin deur saam met haar pa statistiek by te hou van haar broer se voetbalspan, iewers in die staat New York. Dié week word Coach Smith ‘n volwaardige lid van die leierskapstruktuur van die Buffalo Bills.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Steeds in Amerika wonder die wêreld: gaan Hillary dit regkry om weer haar intrek in die Withuis te neem? Gaan sy vorder van President se vrou tot Presidentsvrou? En nee, sy’s nie die eerste Eva wat hieroor droom nie. Daar was al vyf ander: Victoria Woodhull (1872), Gracie Allen (1940), Shirley Chisholm (1972), Linda Jenness (1972) en Jill Stein (2012).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Terug by die huis is daar ook ‘n lysie eerstes. Het jy geweet die CAT scan is onder meer deur die Suid-Afrikaner Allan Cormack ontwikkel, dit was Suid-Afrikaners wat dit eerste kon regkry om olie uit steenkool te vervaardig, die Kreepy Krauly is in Springs gebore en Pratley Putty, die gom wat dit al op die maan gewaag het, is deur ‘n Krugersdorpse ingenieur gemaak? Ons belangrikse eerste? Maklik. Die hartoorplanting wat dr. Chris Barnard op 3 Desember 1967 uitgevoer het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis die wêreld se eerstes. En elkeen van dié eerstes verdien soveel meer as ‘n staande ovasie en ‘n plek in die geskiedenis. Dis eerstes wat mense oor dekades laat praat.

Maar die eerstes wat ek (dalk jy ook?) onthou is dié van die hart. Jou eerste dag op skool, jou eerste atletiekbyeenkoms of swemgala, jou eerste skooltoets, die eerste keer as jy agterkom hy loer vir jou, jou eerste soen, jou eerste aandrok, jou eerste dag op universiteit, die eerste graad of diploma, jou eerste werksonderhoud, jou eerste regte werk, jou eerste baas, die eerste keer as jy jou trourok pas, die eerste keer as jy hoor jy’s swanger, jou eerste kind . . . en skielik weef jou lewe die eerste keer deur syne, hare en ons s’n. Soms só dat jy nie meer weet wat eerste, laaste of volgende is nie. Sommige veg, ander verstrik en verstik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dít alles maal deur my kop as ek dié week weer voor my eie keuses staan. ‘n Keuse van eerstes. Sal ek, of sal nie? Durf ek, of durf ek nie? Dan waag Facebook-baas Sheryl Sandberg in Davos, Switserland nog ‘n eerste en sê: “Men still run the world, and I’m not sure it’s going that well . . . “ en vertel dan dat net 17 wêreldlande deur vroue gelei word en dat minder as 5% van vroue topmaatskappye die wêreld oor bestuur. Dit, sê sy, beteken dat ons dit nie regkry om al die talent in die wêreld verteenwoordigend te gebruik nie.

Eerstes kom nie vanself nie. Jy kies: ek kan, of ek kan nie. Ek moet, of ek moenie. Dis as jou strewe na eerstes laastes word wat jy ophou droom, dink en doen. Dis dán wat jy en die wêreld ly.

Of so dink ek.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.