kategorieë: DieetGesondheid

Eet reg vir jou oë

Volgens ’n onlangse studie deur die Okulêre Voedingsvereniging in die Verenigde State, is visie vir vier uit vyf mense tussen die ouderdom van 40 en 65 jaar die belangrikste sintuig. Meer as 50% van die studie se deelnemers het gestem dat swak sig hulle die meeste bekommer – amper net soveel soos hartsiektes (60%) en kanker (65%).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit kan maklik wees om jou oë as vanselfsprekend te aanvaar en om hierdie belangrike organe se gesondheid gedurende die dag te benadeel. By die werkplek en selfs op die sportveld word jou oë  gereeld aan onnodige gevare blootgestel. Om eenvoudige oogsorggewoontes deel van jou daaglikse roetine te maak, is makliker as wat jy dink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oogsorgstudies die afgelope 20 jaar verbind ook gesonde eetgewoontes met ’n verlaagde kans tot ouderdomverwante makulêre-degenerasie. Hierdie toestand affekteer die kwaliteit van jou sentrale visie. Die studies toon dat ouderdomverwante visieprobleme verhoed kan word deur voedingryke kosse wat sink, luteïen, zeaxanthin, vitamiene C en E en omega 3-vetsure bevat, gereeld by jou dieet in te sluit. Mellins i-Style, een van die toonaangewende oogkundige groepe in Suid-Afrika, het die volgende wenke vir ’n gesonde dieet vir goeie visie:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sink

Sink is een van die mees gekonsentreerde minerale in die oog. Dit werk ook as as ’n ‘molekuulhelper’ of ‘vervoermineraal’ omdat dit vitamien A vanaf die lewer na die retina help vervoer. Dié vervoerproses is noodsaaklik vir die produsering van melanien, ’n beskermende pigment in die oog. Spinasie, pampoensade, neute en sjokolade is goeie voedingsbronne van sink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Luteïen en Zeaxanthin

Hierdie voedingstowwe kan moontlik jou kanse op chroniese oogsiektes verminder, insluitend om ouderdomverwante makulêre-degenerasie en katarakte, te ontwikkel. Katarakte veroorsaak wasigheid in die oog wat dit moeilik maak om te sien. Maak seker jy eet baie groen blaargroentes en moenie skaam wees om aan ’n vullende ontbyt met eiers weg te lê nie – eiers is ryk aan beide luteïen en zeaxanthin.

Vitamien C

Vitamien C is belangrik omdat dit die moontlike ontwikkeling van katarakte beveg. Wanneer dit saam met ander noodsaaklike bestanddele ingeneem word, kan vitamien C ook help om ouderdomverwante makulêre-degenerasie en die verswakking van visie te verhoed. Hou by die vyf-porsies-’n-dag reël om genoegsame vrugte en groente in te neem.

Vitamien E

Vitamien E is ’n sterk antioksidant wat oogselle en -weefsel teen vrye radikale beskerm. Dit kom in neute en patats voor.

Vetsure (Omega 3)

Nog ’n goeie rede om vette by jou dieet in te sluit, is vir die instandhouding van die senuweestelsel wat ook belangrik is vir die ontwikkeling van goeie visie en goeie retinale funksionering. Voeg vis soos sardientjies of tuna by slaai en toebroodjies, kikker soutbeskuitjies en ryskoekies op met ’n geurige avokadosmeer, of begin jou dag deur vlassaad by pap of muesli te voeg.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.