Waarvoor stem jy: die oue of die nuwe?
Is dit jou keuse om elke jaar in dieselfde kusdorp vakansie te hou?
Bestel jy jou gunstelinggereg by die eetplek wat jy vertrou eerder as om ‘n onbekende restaurant uit te toets?
Les bes: hou jy van ‘n nuwe rok, maar verkies jy jou “ou” man?
Die klerehandelsmerk Forever New het my aan die dink gesit. Iets is nuut wanneer dit nie voorheen bestaan het of nie voorheen “joune” was nie – jy het nie daarvan geweet, dit ervaar of dit besit nie. Sodra jy dit leer ken, beleef of jou eie maak, is dit per definisie nie meer nuut nie. Ewig nuut is ‘n botsende begrip. Of is dit?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }As ek terugkyk op 2014, is daar nuwe ervarings wat uitstaan. Ek het die eerste keer onder ‘n waterval gestaan, my eerste warmlugballonvlug gehad en my eerste motiveringspraatjie gelewer. Maar ek het ook die kosbaarheid van forever new beleef. En hier staan ménse voorop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek verwonder my aan die groeiende selfvertroue by my musikantkind. En aan haar broer, skaars mondig, wat met die verrassendste insigte vorendag kom. My geliefde se diepte en speelsheid is elke dag heerlik nuut. En ‘n string ander mense – maters, kennisse, kollegas – het die gawe om terselfdertyd bekend en vars te wees.
Ek dink dis die maniér waarop ons kyk wat nuut moet bly. As ons werklik sien – met die oog, oor én hart – word selfs die oue nuut. Dan maak dit nie saak wat ons leer ken, ervaar of besit nie; ons leef in technicolour, soos dit hoort.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Mag jy die kosbare en koesterbare raaksien wanneer jy op 2014 terugkyk. En mag jou visie in die nuwe jaar kristalhelder wees en elke reënboogkleur van menswees insluit.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.