kategorieë: FiksheidGesondheid

Fiksheidsgids vir die feestyd

Beplan jou vakansie

Die beste ding van die vakansie is om nie aan verantwoordelikheid en skedules toegewyd te wees nie. Dit help wel om ’n idee te hê van die uitleg van jou vakansie. Sal jy meestal by die huis wees, of gaan jy weg? Dít is die eerste vraag wat jy jouself moet afvra voordat jy aan jou plan van aksie begin werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“As jy by die huis gaan wees die vakansie, probeer by jou normale gimroetine hou. Dit sal nie so moeilik wees soos wat dit klink nie. As jy normaalweg oefening doen sal jou lyf smag daarna om steeds die bevrediging van ’n goeie oefensessie te kry,” sê Pierre Louw, eienaar van die fiksheidsgids www.myhealthandfitness.co.za.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Indien jy die vakansie op ’n ander plek gaan spandeer, sal jy jou oefenprogram moet aanpas volgens jou vereistes, en dit sal waarskynlik bestaan uit liggaamsgewigoefeninge en kardiovaskulêre-oefeninge (soos draf). Raadpleeg ’n gekwalifiseerde persoonlike afrigter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Slank en gesond

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eetgewoontes tydens die vakansie

Daar sal gebraai word … Luilekker middagetes en dekadente aandetes is onvermydelik. Die feestyd is bekend vir sy ooretery aan smullekker kosse.

“Die realiteit hier is dat dit baie moeilik is om by ’n dieetplan te hou (wat die ideaal is), wanneer daar so baie heerlike kosse is wat die rondte doen. Dit kom daarop neer dat jy moet besluit watter kosse jy aan sal weglê, hoeveel jy sal inneem en hoe gereeld jy dit sal doen,” sê Louw.

Hoe meer jy wegbly van kosse hoog in suiker, verwerkte koolhidrate en preserveermiddels, hoe beter; daar is nie ’n kortpad nie. Jy ken jou liggaam die beste. Maar voor jy weglê, vra jouself af: “Hoe lank gaan dit my neem om die uitwerking van wat ek doen uit te wis en ek terug na my normale roetine kan gaan?”

Lees ook: Vloeibare kalorieë

Foto: Verskaf

Prioritiseer

Indien moontlik, beplan dae wat toegewy is daaraan om jouself te wangedra. As jy jouself kan dissiplineer, sal jy jou lyf kan voorberei vir die daaropvolgende binge-fees. Maar wees bewus van die werk wat jy gaan moet insit om dit uit te kanselleer.

Lees ook: Dieetwenke wat vir almal werk

Lééf!

In plaas daarvan om op die strand te lê, op die swembad te dryf, of om binnenshuis rond te hang, hoekom beplan jy nie eerder lekker aktiwiteite nie?

“Gaan doen ’n stap- of drafroete – enigiets wat jou van jou agterstewe af sal kry. Skep ’n vakansie vol avontuur en skep mooi herinneringe om na terug te kyk, dit alles terwyl jy aktief bly!” sê Louw.

“As jy ver weg van die huis af gaan wees, ruil die spa’s en pretparke vir aktiwiteite wat die moeite werd is, soos om te leer branderplank ry of witwater roei.”

Lee ook: Oefen jouself jonger

Instandhouding

Die vakansie hoef nie uitsluitlik vir lui-wees uitgesit te word nie. Benodig jou (of jou ma se) tuin dalk aandag? Is daar ’n konstruksie-projek wat wag om klaar te kom? Maak jou hande vuil en wees produktief, terwyl jy terselfdertyd aktief bly.

Lees ook: Feestelike tuin

H2O is jou vriend

Hou jou liggaam gehidreer en spoel gifstowwe weg deur baie water te drink. Maklik en effektief!

Vat die pad!

As jy regtig voel of jy ’n breuk van hoë-intensiteit-oefensessies nodig het, gaan ten minste vir ’n daaglikse stappie. Die voordele van hierdie lae-intensiteit kardiovaskulêre oefening is eindeloos.

“Die vakansie kan ’n pret én ontspannende tyd wees, maar dit beteken nie dat jy jou fiksheidsdoelwitte moet opoffer nie,” sê Louw. Herlaai jouself, maar bly in beheer!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.