Deur Salomé Delport. Foto Freepik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy vra

My dogter (14) het by die skool flou geword. Die dokter sê dit is niks. Maar ek is bekommerd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons antwoord

In die sappigste liefdesverhale word die heldin minstens een keer flou. Meestal “toevallig” reg by die held, wat haar vang. Of mis …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Opwinding en stres kán ’n mens laat flou word, sê dr. Jean Smit. “Mans word ook flou, hoewel vroue effens meer geneig is tot sinkopee, soos dit medies genoem word.

“Daar is selfs verskillende soorte floutes. As potensiële probleme soos epilepsie, hartsiekte, diabetes, bloeddruk en dwelmgebruik uitgeskakel is, is die rede meestal iets kleins en van verbygaande aard, soos dehidrasie, lae bloedsuiker, stres of opwinding.”

Hoe ook al, die romantiek het uit floutes verdwyn. In die regte lewe sien ons dit as ’n mediese krisis – ons jaag dokter toe.

Hoekom word jy flou?

Die kort antwoord is dat jou brein skielik te min suurstof kry. Die kuns is om die oorsaak daarvan uit te rafel. Soos die tabel (sien onder) wys, kan dit van kleiner dingetjies tot taamlik ernstige toestande wees. As jy meer as een keer flou geword het, laat jou dokter jou evalueer. Net in geval.

Help jouself

Hou dagboek van waarmee jy besig was toe jy flou geword het – ook van wat jy vooraf geëet het. Dit help jou dokter om op die regte behandeling te besluit.

Oefeninge wat floutes keer

Oefening kan floutes op verskillende maniere keer. Hier is ’n paar:

Snak na jou asem
As jy ’n floute of duiseligheid kan voel aankom, probeer die volgende: maak jou mond toe en snak vinnig en hard na jou asem. Blaas stadig uit. Herhaal. Volgens ’n 2015-artikel in die joernaal van die European Cardiac Society het dit lae bloeddruk dadelik opgestoot en ’n floute afgeweer onder die sowat sestig vroue in die ondersoek.

Span en ontspan jou spiere
Word jy flou as jy vinnig opstaan of lank staan? Trek jou spiere kort-kort saam en ontspan dit weer: bal jou vuiste; trek jou tone, voete, kuite en bobene saam; of kruis en strek jou bene ’n paar keer na mekaar .

Stap, ry fiets of swem
Hierdie soort oefening versterk die spiere in jou arms en bene, wat op hul beurt jou are help om beter te funksioneer sodat die bloedvloei na jou brein ook verbeter.

Raar & waar

• As jy geneig is om flou te word kan ’n koppie sterk espresso per dag ’n bietjie help, volgens ’n oorsigartikel in die Oktober 2017-uitgawe van die Journal of Neural Transmission oor terapie vir floute.
• Die geneigdheid tot floute kan in jou gene lê, volgens die resultate van ’n ondersoek onder 51 tweelinge.
• As jy geneig is tot floutes, behoort jy nie te bestuur nie.
• ’n Floute is meestal niks ernstigs nie, tensy jy ’n hartlyer of diabeet is. Maar dit bly skrikwekkend en die meeste van ons gaan tog dokter toe, of selfs na ’n noodeenheid. As jy kan uitpluis waarom jy flou geword het, is die kans goed dat jy dit tuis goed onder beheer kan kry, wat jou baie geld en moeite sal spaar.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.