kategorieë: KosMaklik en vinnig

Garnaalroerbraai

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sous
• 125 ml (½ k) soet brandrissiesous
• 60 ml (¼ k) vissous
• uitgedrukte sap van 1 lemmetjie
• 1 sitroengrasstingel, gerasper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Roerbraai
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 15 ml (1 e) gekapte knoffel
• 15 ml (1 e) gekapte gemmer
• 5 ml (1 t) gekapte brandrissie
• 500 g garnale, skoongemaak en doppe afgetrek
• knypie sout
• 250 g fyn Franse groenboontjies
• 10 groen aspersies, in die lengte middeldeur gesny
• ½ groen kool, fyn gesny
• 1 mango, geskil en in wiggies gesny
• 30 ml (2 e) swart sesamsaad
• 60 ml (¼ k) vars gerasperde klapper
• 250 g swart rys, gekook (of gewone rys as jy dit verkies)
• hand vol vars koljanderblare

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Meng die sousbestanddele in ’n bakkie. Hou eenkant.
2 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot wok. Voeg die knoffel, gemmer en brandrissie by en roerbraai vir 1 min.
3 Voeg die garnale, boontjies en aspersies by en roerbraai vir 5 min. tot die garnale gaar is, (hulle sal donkerpienk wees). Geur met sout. Skuif die garnale en groente teen die kante van die wok op.
4 Roerbraai die kool vir 1 min. in die middel van die wok. Voeg die sous en mango by en roer- braai vir nog 2 min. Roer tot die sous alles bedek en die kos deurwarm is.
5 Strooi swart sesamsaad en klapper oor. Sit met vars koljanderblare en swart rys voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.