Pruime, wat van sappige soetigheid en pikantheid oorloop, bring ’n ongetwyfelde varsheid aan twee nuwe, gewilde mengeldrankies. Die drankies is deur Derrick Hartman, oftewel Decks, ’n mengeldrankiemeester by Hope Distillery, vrygestel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die Plum & Basil Smash en die Plum Collins is vinnig en maklik om by die huis te maak, en dis só ontwerp om oor die feestyd ’n treffer by jou vriende en familie te wees. Die mengeldrankie se resep bevat Hope Limited Release Gin, ’n uitdagende sitrusjenewer wat met jenewerbessie, koljandersaad, engelkruid en vars lemoene gedistilleer is en veral goed saam met pruime proe. As jy dit nog nie probeer het nie, is hierdie mengeldrankies ’n goeie verskoning om ’n boetiekjenewer-avontuur te onderneem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Pruime pas goed by sitrus, frambose, perskes, appelkose, gemmer, swartpeper, amandels, heuning met haselneute, vanielje, kaneel, basiliekruid en roketblare. Decks gebruik van hierdie as sy inspirasie om hierdie somer se spesialiteitsjenewer-en-pruim-mengeldrankies te maak:
Bestanddele:
1 pruim
4-6 basiliekruidblare
Swartpeper
Ryk suikerstroop – Bring 2 dele suiker en 1 deel water tot kookpunt en kook tot die suiker opgelos het. Laat afkoel en hou vir ’n maand in ’n bottel in die yskas.
Suurlemoensap
50 ml Hope Limited Release Gin
Metode
Meng ’n kwart tot ’n halwe pruim met 4 tot 6 basiliekruidblare en ’n bietjie swartpeper in ’n fles. Voeg 5-10 ml suikerstroop, 15-25 ml suurlemoensap, 50 ml Hope Limited Release Gin en ys by die fles – begin met klein bietjies suikerstroop en suurlemoensap, en proe soos jy aangaan. Voeg nog by.
Skud hard, giet dit in ’n glas saam met ’n bietjie ys, versier met ’n skyfie pruim en ’n basiliekruidblaar.
Bestanddele:
50 ml Hope Limited Release Gin
20-25 ml pruim-en-heuning-stroop
15-25 ml suurlemoensap
sodawater
Voorbereidings
Maak die pruim-en-heuning-stroop so: Bring 2 dele suiker, 1 deel heuning en 3 dele fyngekapte pruim tot net onder kookpunt. Laat dit afkoel en laat dit minstens vir ’n uur trek. Giet dit deur en bottel dit. Los dit vir 2 weke in die yskas.
Metode
Gooi die jenewer, die pruim-en-heuning-stroop en die suurlemoensap in ’n hoë balglas wat met ys opgevul is. Meng liggies en voeg sodawater by. Versier met ’n pruimskyfie en ’n pepermenttakkie.
Volg @juicydelivioussa op Instagram of besoek www.juicydelicious.co.za
Lees ook: Heerlike Kersfees pruim-pakkies
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.