Genoeg vir 4-6 porsies en ekstra vir die week
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 2 groot, heel vrylopende hoenders (sowat 1,8 kg per hoender)
• 2 klein bossies lourierblare, gewas
• 1 heel knoffelknol, in huisies gebreek
• 1 suurlemoen, in kwarte gesny
seesoutvlokkies
• 60 ml (¼ k) olyfolie
• 2 hande vol piekel-uitjies, geskil
Sous
• 250 ml (1 k) room
• 45 ml (3 e) Dijonmosterd
1 Verhit die oond tot 210 °C. Vryf die hoenders met kombuispapier droog.
2 Sit die hoenders in ’n groot oondbak en geur met sout, ook in die holtes. Vul elke holte met lourierblare, knoffelhuisies en suurlemoen. Gooi die olyfolie oor en smeer oor die hele hoender.
3 Rooster vir 1 uur en 20 min. of tot goudkleurig en gaar. Haal uit.
4 Skep 125 ml van die pansous uit die oondbak in ’n pan. Maak die hoender met foelie toe en laat rus.
5 Verhit die pansous en gooi die room en mosterd by.
6 Kook oor matige hitte totdat die sous verdik.
7 Sit die geroosterde hoender voor met laekoolhidraatgroente soos fyn Franse boontjies, murgpampoentjies en broccolini.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.