Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 4 ansjovisfilette
- 15 ml (1 e) gekapte knoffel
- 80 ml (1⁄3 k) botter
- klein handjie vol tiemieblare
- 1 ontbeende lamsnekrol
- 1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer
- 80 ml (1⁄3 k) Bulgaarse jogurt
- Gerasperde skil en -sap van 1 suurlemoen
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- 8 ml (½ e) geroosterde komynsaad
- 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
- ’n hand vol koljanderblare
Metode
Verhit die oond tot 200 °C.
- Verwerk die ansjovisfilette, knoffel, botter en tiemieblare saam. Bind die ontbeende lamsnekrol met kombuistou op en vryf die helfte van die bottermengsel oor.
- Braai die lamsnekrol vir 2 min. aan elke kant in ’n verhitte riffelpan oor hoë hitte. Geur na smaak. Sit die rol op ’n bakplaat
en smeer die res van die bottermengsel oor. Bak vir 30-40 min. of tot gaar na smaak. Draai die rol een keer gedurende die bak-tyd om. - Hoemoessous: Verwerk die kekerertjies, Bulgaarse jogurt, suurlemoenskil en -sap, knoffel, 8 ml komynsaad, olyf- of avokado-olie en koljanderblare tot glad in ’n voedselverwerker. Geur na smaak.
- Sny die lamsnekrol in skywe en sit met die hoemoessous, kruisementkoes-koes en roketblare voor.
