Maak 1,6 liter
Bestanddele
- 110 ml (1⁄3 k + 2 e) botter
- 75 ml (¼ k + 1 e) koekmeel
- 1 liter (4 k) melk
- ’n raspertjie neutmuskaat
- sout en gemaalde swartpeper
- 500 ml (2 k) gerasperde cheddarkaas
- 90 ml (¼ k + 2 e) Dijon-mosterd
- hand vol Italiaanse pietersielie, gekap
Metode
- Smelt die botter in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
- Roer die meel vir 1 min. by – moenie dat dit verkleur nie. Gooi die melk geleidelik by en roer deurentyd tot glad en dik. Roer die neut-muskaat by en geur na smaak. Prut liggies vir 3 min.
- Haal van die hitte af en meng die kaas, mosterd en pietersielie by.
- Vries in porsies van 250 ml (1 k) in sakkies of bakkies.
