kategorieë: Nuut & NouKos

Heerlike s’mores

Geskiedenis van s’mores

Die Amerikaanse Girl Scouts het die eerste resep vir s’mores (some mores) in 1927 gepubliseer. S’mores het gou ’n instelling langs kampvure geword en is deesdae ook in ander gedaantes te sien. S’mores is so gewild dat die lekkerny sy eie Facebook-blad het met 1 279 750 volgelinge! Die Amerikaners hou selfs ’n nasionale s’mores-dag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die resep

Basiese benodigdhede vir die perfekte s’mores:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• ’n Kampvuur

• Malvalekkers (verkieslik tuisgemaak)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Stokkies

• Gesmelte sjokolade en/of karamelkondensmelk

• Souterige koekies soos semelkoekies. Amerikaners gebruik Graham Crackers wat nie hier te kry is nie.

Maak so: Druk die malvalekkers in die stokkies en smelt oor die vuur. Werk nou vinnig: Sit die gesmelte malvalekker op ’n koekie, drup van die sjokolade oor en sit nog ’n koekie bo-op. Hap!

S’mores-warmsjokolade

Verhit 500 ml (2 k) melk met ’n stokkie kaneel daarin. Smelt 150 g gekapte donkersjokolade in die warm melk. Haal die kaneelstokkie uit. Gooi in 2 bekers en sit malvalekkers bo-op. Skroei die malvalekkers met ’n blaasvlam. Sit met sjokolade-semelkoekies voor.

S’mores-lollies vir partytjie

Druk 12 stokkies in 12 malvalekkers in. Doop die onderpunte in gesmelte sjokolade en dan in koekiekrummels. Laat set op waspapier.

S’mores-melkskommel

Meng 500 ml melk, 300 ml vanielje-roomys en 5 ml mentekstrak in ’n voedselverwerker tot skuimerig. Gooi in 2-3 groot glase en krummel sjokoladekoekies en gebreekte Peppermint Crisp-sjokolade in elke melkskommel. Rond met groen malvalekkers af.

S’mores-lagiepodinkies

Smelt 200 g witsjokolade en vou 125 ml (½ k) geklopte room daardeur wanneer afgekoel. Verdeel tussen 4 nageregglasies. Krummel 6 sjokoladesplinterkoekies en verdeel tussen die glasies, gevolg deur ’n verskeidenheid bessies. Sit laastens pienk malvalekkers bo-op en  skroei die lekkers met ’n blaasvlam.

Geen kampvuur nie?

Pak 200 g gekapte sjokolade in ’n klein pannetjie. Skep ’n paar skeppies karamel oor die sjokolade en sit die malvalekkers bo-op. Sit onder die oondrooster tot die malvalekkers en sjokolade gesmelt is. Doop die koekies daarin en hap!

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.