kategorieë: KosSomerkos

Heerlike somerdrankies

Grenadellas is ’n ryk bron van vitamien C asook ’n goeie bron van yster en kalium. Maak seker dat jy die pitte ook eet aangesien dit ’n uitstekende bron van dieetvesel is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

60 ml (¼ k) vars grenadellapulp
45 ml (3 e) lemmetjiesap
8 ysblokkies
100 ml suurlemoen-vodka
1 vars grenadella in kwarte gesny

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Skud die grenadella, lemmetjiesap en ysblokke saam in ’n menger (shaker).
2 Gooi deur ’n sif in twee verkilde martiniglase. Gooi laastens die vodka bo-oor. Bedien saam met ’n ekstra wiggie grenadella.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Heerlike bessies

Suig aan die ysies op ’n warm dag, maar wees versigtig – hulle het skop! Bessies, veral dié wat donker is, is propvol antioksidante wat jou teen vrye radikale beskerm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

500 ml (2 k) rooibosbessiesap
60 ml (¼ k) lemmetjiesap
60 ml (¼ k) vodka
2 e Cointreau.

Meng al die bestanddele en vries in prettige ysbakkies. Keer uit sodra dit gevries is en hou in die vrieskas tot net voor opdiening, want hulle smelt nogal vinnig.

Lietsjie-en-rooswaterverkwikker

Genoeg vir 2. Gooi ’n paar lietsjies in enige tropiese mengeldrankie om seker te maak jy kry genoeg vitamien C in.

80 ml (¹⁄³ k) Grand Marnier
10 ml (2 t) rooswater
10 ml (2 t) grenadien
10 lietsjies, ontpit
fyn ys
ekstra lietsjies vir garnering

Verwerk al die bestanddele, behalwe die ys, saam in ’n voedselverwerker en verdeel in 2 verkilde glasies. Voeg die lietsjies by en sit voor.

Pynappel-en-kruisement-verfrisser

Genoeg vir 2 – 3

’n Glas vrugtesap tel as een van die vyf porsies vrugte en groente wat jy daagliks moet inneem.

600 ml pynappel-en-wortelsap
80 ml (¹⁄³ k) vodka
80 ml (¹⁄³ k) mentblare

1 Meng die sap en vodka en vries in ’n middelslag-plastiekbak met ’n digsluitende deksel.
2 Krap die vrugte-ys met ’n vurk uit die bak, voeg die kruisement by en verwerk tot al die groot yskristalle opgebreek is. Skep in verkilde glasies en sit voor.

Aarbei-en-lemmetjie-verkoeler

Genoeg vir 2

Aarbeie bevat vitamien C en vesel en kan boonop help om allergieë te verlig

150 g (sowat 8) vars aarbeie
3 lemmetjies, in blokkies gesny
100 ml vodka
40 ml frambooslikeur
fyn ys.

1 Maak die aarbeie en lemmetjies fyn met ’n stamper en ’n vysel.
2 Gooi in ’n drankiemenger (shaker). Voeg die vodka, likeur en ys by. Verdeel tussen 2 verkilde glase.

Somersoentjies

Genoeg vir 2 drankies

Perskes is propvol vitamien C . Dis ook ’n ryk bron van yster en kalium.

45 ml (3 e) Absolut Mandarin (lemoen gegeurde vodka)
45 ml (3 e) perskelikeur
250 ml (1 k) appelsap
250 ml (1 k) bessiesap
fyn ys
perskewiggies, opsioneel

1 Gooi die vodka, likeur, appel- en bessiesap in ’n drankiemenger (shaker), skud goed.
2 Verdeel die ys en die perskewiggies tussen 2 verkilde glase. Giet die sapmengsel oor en sit voor.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.