Genoeg vir 8.
Bestanddele
- 8 hoenderdytjies
- 30 ml (2 e) gekapte knoffel
- 60 ml (¼ k) gekapte gemmer
- 60 ml (¼ k) heuning
- klein handjie vol tiemietakkies
- 125 ml (½ k) olyf- of avokado-olie
Vir die Satay-sous
- 5 ml (1 t) gekapte gemmer
- 5 ml (1 t) gekapte rissies
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- 60 ml (¼ k) grondboontjiebotter
- 30 ml (2 e) klappermelk
- 30 ml (2 e) sojasous
- hand vol koljanderblare, gekap
- fyn gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
- sout en gemaalde swartpeper
Vir die krakerige Basmatirys
- 125 ml (½ k) geroosterde, gedroogde klapperkrulle
- 125 ml (½ k) geroosterde grondboontjies
- ’n hand vol koljanderblare
- 750 ml (3 k) gaar basmatirys
Metode
- Meng die knoffel, gemmer, heuning, tiemie en olie saam. Laat lê die hoenderdytjies vir 1 uur of oornag in ’n marinade.
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Pak die hoender op ’n bakplaat, geur na smaak en bak vir 45 min. tot goudbruin en gaar.
- Maak die Satay-sous: Meng die gemmer, gekapte rissies, knoffel, grondboontjiebotter, klappermelk, sojasous, hand vol koljanderblare, en
lemmetjie sap en skil. Geur na smaak. - Meng die klapperkrulle, grondboontjies, koljanderblare en basmatirys saam.
- Sit die hoender voor met die satay-sous en neuterige basmatirys.
