Verkouemiddels bevat gewoonlik ’n aantal bestanddele wat elkeen ’n spesifieke voordeel inhou, soos pynstillers, en dekongestante wat jou help om slym uit te hoes en antihistamiene wat swelling verlig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die jongste oor-die-toonbank medisyne waarmee jy jouself kan help, bevat baie dikwels ’n kombinasie van verkouemiddels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Maar werk kombinasies so goed?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dalk nie, aldus die Cochrane Libraries. Hier is hul bevindings:
Antihistamien + dekongestant 66% van mense voel beter; 41% van mense op plasebo’s (foppille) voel beter.
Pynstiller + antihistamien 70% van gebruikers voel beter; 43% van die op plasebo’s voel beter.
Pynstiller + dekongestant 73% van gebruikers voel beter; 52% van mense op plasebo’s voel beter.
Pynstiller + antihistamien + dekongestant 52% van gebruikers voel beter; 34% van mense op plasebo’s voel beter.
Wat om af te lei?
• Die superkombinasie van verkouemedisyne (met pynstiller, dekongestant en ‘n antihistamien) help vir die minste mense.
• Jy gaan die beste vaar as jy jou verkouemedisyne volgens jou simptome kies:
• As jy baie allergiese simptome het soos dat jou oë traan en jy baie nies is die antihistamien-pynstiller kombinasie waarskynlik beter.
• As jy egter meer kla van ‘n toe neus kan jy die pynstiller-dekongestant probeer.
• Interessant: die helfte van mense op foppille (plasebo’s, of middels sonder die getoetsde bestanddele) het beter gevoel. Een moontlike afleidings is dat jou liggaam in elk geval die verkoue kan hanteer en dat jy beter voel as jy bloot rus.
Lees ook: Die soorte verkouemedisynes, Watter medisyne is die beste vir my verkoue, Kruie en vitamine vir jou verkoue
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.