kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hoe om allergieë in die lente te behandel

In die lente is daar pragtige bloeisels en heerlike warmer weer om na uit te sien, maar vir baie mense beteken dit allergieë wat rooi, jeukerige, waterige en geswelde oë veroorsaak. Ter ondersteuning van Wêreldsigdag en Oogsorgbewustheidsmaand, én om puik visie vir ’n veiliger leefstyl te bevorder, deel Andre Horn, ’n senior oogkundige en besturende direkteur van Mellins i-Style, interessante en nuttige raad oor oogallergië in die lente.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat veroorsaak oog-allergieë?

Dierehare, stof -en kosdeeltjies in die lug is algemene boosdoeners wanneer dit by allergieë kom. Stuifmeel is een van die vernaamste elemente wat allergieë in die lente veroorsaak. Stuifmeel is ’n fyn poeier wat deur saadplantjies vrygelaat word en veroorsaak gewoonlik hooikoors (’n toestand met simptome soortgelyk aan verkoue). Dit kan lei tot oogtoestande soos blindvliesontsteking (pienk-oog), die ontsteking van die buitenste wit deel van die oog en die binneste deel van ooglede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 doen-dit-jouself wenke om blootstelling aan stuifmeel te verminder

• Maak jou bril gereeld skoon. Probeer van afvee-lappies gebruikmaak wat geskik is vir lense of lenssproei wat vry is van skoonmaakmiddels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Hang nat handdoeke binne jou huis indien stuifmeel hier insluip. Dit kan help om stuifmeel wat in die lug hang, vas te vang.

• Pak huistake aan en stofsuig jou matte, of oorweeg dit om ou matte en tapyte met moderne hout en gelamineerde vloere of teëls te vervang.

Lees ook: ’n Lenteregruk vir jou lewe

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.