Hoekom jy elke dag jou tande moet vlos deur Salomé Delport
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Namate jy ouer word, moet jy meer gereeld vlos – twee keer per dag as jy bo veertig is, en ná elke ete as jy bo sestig is, sê dr. Sara Gottfried, skrywer van Younger.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Wanneer ons ouer word, kalsifiseer die plaak makliker in ons mond, wat beter skuilplek vir mondbakterieë bied. En dan is ons meer geneig tot tandbederf – juis terwyl ons graag ons tande so lank moontlik sou wou hou.
Lees nog:Waarom eiers ‘n plek op jou bord verdien
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Posisioneer die vlos tussen enige twee tande. Trek dit in ’n lus om die een tand en beweeg dit stadig heen en weer terwyl jy af na die tandvleis beweeg en dan weer op. Herhaal, maar met die lus om die ander tand. Spoel jou vlos af voor jy na die volgende tand beweeg.
’n Elektriese borsel is duurder maar dit maak ook jou tande deegliker skoon. Dit is ’n belegging wat jou tandartsbesoeke gaan spaar. Borsel vir 2-3 minute twee keer per dag.
Lees ook: Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself
Borsel jou tong. ’n Gesonde, skoon tong is pienk. As jou tong geel of wit is, kry ’n tongskraper en borsel jou tong ook.
’n Oliespoel klink vreemd maar ’n olielagie in jou mond maak die kieme dood wat sonder suurstof kan leef. Gebruik 1-2 teelepels klapperolie en rolspoel dit so twintig minute lank in jou mond. Doen dit vyf keer per week. Dit keer ook tandvleisontsteking (gingivitis).
Vir nog goeie raad en interessante wenke, loer hier
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.