Hoekom jy in linne moet belê deur Cornel Dunn. Hooffoto: Logan Nolin vir Unsplash
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Linne word van die natuurlike vesel van die vlasplant gemaak en kom hoofsaaklik uit Europa. Belgiese linne word as die beste linne ter wêreld beskou.
Lees ook: Hoe om jou matras skoon te hou
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Linne is bekend vir sy verkoelingsvoordele. Wanneer linne met jou vel in kontak kom, word sweet geabsorbeer. Die materiaal swel dan en skei vog af wat jou bed koel laat.
Linnebeddegoed is ideaal vir die somer maar kan deur die jaar gebruik word met ’n ekstra kombers.
Nog ’n voordeel is dat linne pluisvry en anti-allergies is.
Lees ook: Die beste raad vir stofmyte
Sorg so vir jou linne
Was jou linne weekliks met ’n sagte wasmiddel in koue water.
Droog verkieslik op ’n wasgoedlyn.
Vermy versagmiddels wat silikoon bevat. Dit vorm ’n laag op die vesel wat keer dat die beddegoed vog absorbeer.
Indien jy ’n tuimeldroër gebruik, verwyder dit onmiddellik ná die siklus voltooi is. Linne kreukel maklik van hitte.
Stoor die linne in ’n droë, goed geventileerde plek. Vermy plastieksakke of -dose as stoorplek. Die linne sal geel word.
Lees ook: 14 plekke waar stofmyte in jou huis skuil
Warm slapers sal die koel effek van hierdie beddegoed waardeer. Ook allergielyers sal daarby baat vind wanneer hulle saans onder suiwer linnelakens inskuif. Omdat linne swaarder as katoen is, kan dit vir sommige ’n aanpassing wees.
Lees ook: Pak jou somerlinne só weg
Linne kan binne vyf jaar tekens van verweer toon. Met goeie sorg kan jy die leeftyd met dekades verleng. Voor jy koop, bestudeer die digtheid van die weefsel. Baie los geweefde linne sal nie so lank hou nie. Duurder produkte sal definitief die toets van tyd deurstaan.
Lees ook: Hoe om die regte kussings vir jou te kies
Omdat linne ’n luukse-item is, is dit ook ’n belegging. Linne het ’n heel ander gevoel as katoen of perkal en sal nooit so sag soos katoen of perkal wees nie.
Lees ook: Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.