Hoenderpastei resep
Genoeg vir 4.

Bestanddele
- 2 x 400 g klaar bereide blaardeeg, by kamertemperatuur
- 2 uie, geskil, middeldeur gesny en oorlangs in dik skywe gesny
- 30 ml botter
- 30 ml olyfolie
- 125 g sampioene, afgevee en ruweg gekap
- 125 g repies spek, in blokkies gesny
- 200 g oorskiethoender
- 125 ml geurige aftreksel
- 125 ml room
- gerasperde neutmuskaat
- sout
Eierglaseersel
- 1 eier, liggies geklop met ’n knypie sout
Metode
- Rol die een stuk deeg dun uit op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak.
- Voer die boom van ’n ronde 25 cm-oondvaste bak met die deeg uit en laat rus in die yskas.
- Hou die ander rol deeg ook in die yskas.
- Vulsel: Verhit die botter oor matige hitte in ’n middelslagpan en braai die uie tot sag en karamelkleurig. Skep in ’n bakkie.
- Verhit die olie in dieselfde pan en braai die sampioene en spek daarin tot gaar.
- Skep die uie en hoender in die pan en roer deur.
- Voeg die aftreksel en room by en laat prut vir 5 min. Geur met neutmuskaat en nog sout indien nodig. Laat die vulsel effens afkoel.
- Voorverhit die oond tot 200 °C. Haal die bak met die uitgevoerde deeg uit die yskas en vul met die afgekoelde vulsel.
- Rol die ander stuk deeg uit en bedek die vulsel daarmee.
- Sny enige oorhangende deegstukkies versigtig af. Sny patrone uit die res van die deeg en versier die pastei daarmee.
- Smeer die bolaag met die eierglaseersel.
- Bak vir 25-30 min. tot goudkleurig en gaar.
Lees ook:
