4 PORSIES
BREDIE
80 ml olyfolie
1 kg ontbeende lamsnek, in 5 cm-stukke gesny
1 ui, fyngekap
1 selderystingel, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
5 k hoenderaftreksel
400 g wortels, sny bokant af en hou eenkant
1 raap, in ses skywe gesny
¼ k geroosterde haselneute, gekap
SALSA VERDE
1½ k pietersielie
1½ e vars tiemieblare
1 e kappertjies, gedreineer
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 t bruinsuiker
¼ k olyfolie
1½ e witwynasyn
METODE
BREDIE
- Verhit 2 e olyfolie in pot oor hoë hitte. Braai lam in sarsies vir 5 minute, draai af en toe om totdat dit oraloor bruin is. Haal uit pan.
- Verlaag tot matige hitte en voeg oorblywende olie by pan. Braai ui, seldery en knoffel vir 10 minute of tot sag en roer af en toe.
- Plaas lamsvleis terug in pot en gooi aftreksel in. Bring tot kookpunt. Verlaag hitte sodra dit begin kook en laat vir 2 uur met deksel prut tot vleis sag is.
- Verhoog hitte tot matig en voeg wortels en raapskywe by. Kook vir 15 minute of totdat vloeistof begin verdik.
SALSA VERDE
- Meng bestanddele saam in voedselverwerker. Voeg ½ k van die wortelbokante wat jy afgesny het, by en meng op hoë spoed. Voeg sout, peper en kruie na smaak by.
- Sit bredie saam met geroosterde haselneute en salsa verde bo-op voor.
WENK
As die pan begin aanbrand, voeg een of twee eetlepels water by om te keer dat stukkies aan die onderkant vasbrand.
Lees ook: Hoenderkerriepasteitjies
