Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Letitia Strydom

Letitia Strydom

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ek is n dans juffrou in Hartibeespoort en my dogter is n danser. Ons het n baie sterk band en vandat sy in 2022 gediagnoseer was met Tipe 1 Diabetes, is ons verhouding nog sterker. Ons huil saam, lag saam en ek dra hierdie siekte elke dag saam met haar al verstaan ek nie altyd waardeur sy gaan nie. Ons is 2 verskillende persoonlikhede, maa vandag op 12 sit sy nogsteeds op my skoot en lê teen my bors! Ekt altyd gesmag na n goeie verhouding met my dogter en die Here het my gesëen net n pragtige princess met Wie ek alles deel!!!

Antwoord 2: Haar Diagnose net Tipe 1 Duabetes bet ons verhouding verseker versterk. Al is dit iets watl ons sons laat koppe stamp, is dit ook die ding wat ons emotioneel na mekaar toe trek. Lize-Mari is n ongelooflike sterk meisie op net 13 jaar oud en sy is verseker my inspirasie. Op n dag wat ek nie die wêreld in die oë wil kyk nie sal sy van agter af my kom druk en sê: Dis ok mamma...alles gaan ok wees. Ons bid saam en glo saam!!! Die dans is iets wat ons saam kan doen en sy laat my ook toe om haar af te rig, wat baie spesiaal is vir my.

Antwoord 3: Luister vir mekaar...praat oor alles. Lees saam Bybel en bid saam. Maak seker dat julle weet wat in mekaar se lewens ingaan. Maak tyd om in te check. Wys gou daai foto...vertel van die drama by die skool...en mamma, luister na die drama. Dit klink dalk simpel maar dit maak tog saak. Wees mekaar se persoon sonder om die respek tussen ma en dogter te verloor!