
Dorp: Western Cape
Antwoord 1: Ons verhouding is 'n spesiale een van vennootskap en vriendinskap. Op 36 moes Ma oorbegin na Ma en Pa uitmekaar is, en Sus en Ma het die wêreld saam aangepak. Ma is al 27 jaar 'n finansiële adviseur, en Sus het na sy Aktuarieële Wetenskap studeer het, die wêreld van finansies agtergelaat om in die film & TV bedryf te werk. Die dinamiese duo en twee entrepreneurs sou altyd 'n manier vind om iets met impak en woema saam te doen en hulle het 'n besigheid WIFE (Women in Finance Excel) begin om deur kleur en kreatiwiteit Ma se geld-kennis aan vroue oor te dra. Daar was al 2 conferenties (van 350 vroue elk) en tans skiet hulle 'n TV reeks, aangebied deur Marciel Hopkins. Dit is vir die twee 'n voorreg om elke jaar 'n hartsprojek saam aan te pak. Hulle is albei "busy bees, planners & operators" en 'n projek saam bind hulle aan mekaar. Hulle het al harde klippe saam gekou en tog bly hulle vertrouelinge, in deur die seisoene en wonderlike fases van vrouwees.
Antwoord 2: Na die skeisaak, moes Ma en Sus regtig klou aan mekaar en aan hoop vir 'n blink toekoms. In saamgestelde geinne, is daar ook soms baie moeilike struikelblokke om te oorkom. Van die beste tye, is saam-vakansies, saam-projekte wat vroue bemagtig en die hoogtepunt TV reeks wat hulle tans saam vervaardig wat handel oor hoe om jouself te "re-invent" as vrou, in elke nuwe fase.
Antwoord 3: Vergewe mekaar, gereeld. Onthou dat beide se lewensfases drasties verander soos die lewe verloop, en julle verhouding sal ook. Berei voor vir daardie metamorfose. Kry raad. Lees. Wees introspektief. En onthou - 'n verhouding is nooit perfek nie, maar as jy die beste uit die verhouding opreg kan inneem en omhels - dan maak jy daarvan 'n menslike en lieflike deel van jou lewe.