Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

WILMA NAUDE NAUDE

WILMA NAUDE NAUDE

Dorp: CENTURION

Antwoord 1: Melissa is tans besig om te herstel van 'n dubbel long oorplanting. Sy was 'n week terug gedoen en is nog in ICU. Sy is gebore met Pulmonary Ciliary Diskenesia. Ons twee het al die jare in hospitaal gange deurgebring. Ons hoes saam en deel mekaar se emosies. Dit is 'n lang pad sover. Sy is absoluut my Joan of Arc en superhero! Sy het 'n Honeurs in Applied Psychology en gee eenvoudig nie op nie. Ons is beste vriendinne. Sy was vir 4 jaar 24/7 op suurstof tuis en afgesonder van 'n "normale" lewe buite haar tuinhuis. Die Almagtige Vader is beslis ons Alfa en Omega! Aan Hom al die eer.

Antwoord 2: Die beste nuus was laasjaar September toe ons by die oorplanting span in Johannesburg uitgekom het en na baie naalde en toetse goedgekeur was om op die oorplantingslys geplaas te word. Ek en sy was vir elke hospitaal besoek bymekaar. Ons het nog nooit baklei of harde woorde gehad nie. Net liefde in oorvloed. Sy is 36 en ek is 63. Sy was een van 'n drieling maar Jesus het haar gekies om die wereld 'n mooier en beter plek te maak! Die ander twee het dit nie gemaak nie.

Antwoord 3: Tyd is min en kosbaar. Gebruik humor en totale eerlikheid selfs in die moeilike gesprekke. Dit kweek respek vir mekaar. En vertel vir mekaar elke dag hoe lief julle mekaar het. Al stuur jy net 'n hartjie op whatsapp.