Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Joanne Human

Joanne Human

Dorp: Swellendam

Antwoord 1: My ma is my beste vriendin, my grootste asnhanger, maar ook my eerbaarste kritiek. Ons gesels elke dag…soms meer as 4 keer. Ek deel alles met haar en sy met my. Ons kan baie lekker saam lag vir die simpelste goed en dan kan ons ook weer lekker baklei, maar nie vir lank nie. Ons het al saam ñ besigheid begin, my suster ondersteun deur haar kankerstryd, my ma se borskankerstryd gevoer, my pa se siekbed en dood deurgemaak asook saam getoer en kreatiewe projekte aanpak. Ons kan albei die mooi saam waardeer en is raakvatters. Beste van als my man en sy het ook ñ spesiale verhouding. Sy het hom lief asof hy haar eie is en dus hou sy heerlike vakansie saam met ons gesin van 6. Ander kyk na ons met heimwee en lewer altyd kommentaar oor ons verhouding. Ons grootste rede is die feit dat ons eerlik is met mekaar op alle vlakke en ek altyd toegelaat is om my eie-ek te wees.

Antwoord 2: Ons het al so baie saam deurgemaak. Omdat ek die oudste is, was ek ook die toeskouer van oomblikke waar familielede gegroet is en besighede onderdeur is. Saam moes ons ook al paar keer langs my pa se siekbed opeindig sowel as my ma se broer s’n. Die ergste was toe ons 5 jaar terug my suster moes bystaan in haar stryd teen leukemia. Terselfdetyd is my ma met borskanker gediagnoseer en was ek swanger met my vierde. In daai tyd moes ons leer om ook op ander mense staat te maak waar ons altyd op mekaar sou staatmaak en om die stierwiel aan God oor te gee. As ma moes sy die weerlose wees en moes ek die versorging oorneem. Ons verhouding was altyd heg voor dit, maar toe het ons geestelik grootgeword. My pa se dood 3 jaar terug was die ergste en daar moes my ma leer om advies en leiding te ontvang en ek moes leer ek kan nie alles fix nie en soms moet ek net daar wees.

Antwoord 3: Ek het self ñ 16 jarige dogter en 14 jarige. My advies is: “Luister na die klein dinge en hul deel met jou die groot dinge” Dieselfde as jy ouer is. Put genot uit daaglikse klein oomblikke. Groot luukse vakansies is nie vie almal beskore. Deel in die klein plesiertjies. Hou op om mekaar te probeer verander. Wees lief vir wie hulle reeds is. En praat, praat, praat…. Maar ook luister, luister, luister