
Dorp: George
Antwoord 1: My Ma is kort en klein maar sy is my hero. Sy dra n nr 3 skoen, en sy het die mees mooiste omgee hart. My Pa is oorlede in n vliegtuig ongeluk voor ek gebore is saam met my ma se ouers en haar tweeling suster. Sy was net 23 en het my alleen groot gemaak vir lank. Sy het haar na God gedraai, en my groot gemaak in sy oë. Sy is my alles en my grootste insperasie. Ons het n baie hegte band.
Antwoord 2: My Ma het getrou toe ek 1w was en ek was vir die eerste keer nie Meer bekommerd dat sy nie ok was nie. Ek kon weer kind wees. Ons het toe na ek op skool was bietjie van mekaar af weggedryf. Maar met my wat swanger geraak het met my eie dogtertjie het ons weer nader aan mekaar beweeg. Nou is ons baie geheg aan mekaar.
Antwoord 3: Wees daar vir mekaar, luister en bid baie. Die lewe gee mens uitdagings en jy moet beteid wees om mekaar by te staan deur duk en dun. Alle verhoudings kort werk, maar liefde en n band tussen Ma en Dogter is verewig.