
Dorp: Lephalale (Limpopo)
Antwoord 1: Ons het geleer en gegroei in ons verhouding. Om die rol van beide vader en moeder te vertolk vir jou kinders is iets wat niemand sal verstaan voor hul nie self 'n paar myle in jou skoene gestap het nie. Wat ons verhouding spesiaal maak is dat ons oor die jare geleer het om begrip te hê vir mekaar se sienings & omstandighede. Ons het geleer dat sekere reaksies/optredes nie noodwendig direk verband hou met (teenkanting) teen jou as individu nie (moeder of dogter) 'n Reaksie wat jy nie verwag het nie word soms gebore uit iets wat vroeer gebeur het (waar jyself nie eens betrokke was nie) As daar vertroue en respek tussen julle is, sal die waarheid en rede agter die reaksie wel iewers na vore kom. Ons het geleer dat daar nie noodwendig iets fout is met jou as jy sonder 'n pa (en man) groot en ouer word nie. Ja, daar IS leemtes en verlang-dae maar dit maak nie van jou 'n swakker mens as die persoon langs jou nie - inteendeel! Jy leer om mekaar te dra, te motiveer, te respekteer en te dra! Jy weet wanneer om te praat en wanneer net 'n arm om die skouer genoeg is. Ons het geleer dat dit (eintlik!) 'n voorreg is om die maan te sien opkom oor die veld! Om na die naggeluide te kan luister en stil na 'n hardekool vuur te kyk. Om te sien hoe 'n kalfie gebore word en warm beemis tussen jou tone te voel krul is soms beter terapie vir jou siel as 'n vakansie in Parys (Frankryk!) Sproete op jou neus beteken nie noodwendig jy het nie (genoeg) sonskerm aangesmeer toe jy jonger was nie - Dit beteken die Afrika-son het jou spesiaal uitgesoek en geSOEN op jou neusbrug! Dit kan weggetoor word met 'n extra blertsie cover-stick maar dit is en sal deel van jou lewe bly soos braaivleis en rugby op 'n saterdag-aand. Ons het geleer dat in ons eenvoud is ons eintlik skatryk want die goud in ons harte kan ons baie verder neem in die lewe as die rykdom in jou beursie - en wat 'n voorreg is dit nie om dit SAAM te ontdek nie!
Antwoord 2: Ek dink swaar- sowel as goeie tye "shape" enige verhouding. Ons het albei ons share van beide gehad. Rolinda het op die jong ouderdom 12 haar pa verloor (en ekself my lewensmaat van 22 jaar) en skielik moes ek die rol van Vader en moeder vertolk. My seun was op daardie stadium in Matriek (17 jaar) en hy het deur sy rou-proses homself aanvanklik onttrek - vir almal van ons was dit 'n moeilike en emosionele verwerking maar Rolinda het deur meer as een fase van rou gegaan. Van ontkenning tot teenkanting (verwerping van God & geloof), woede en rebellie, tot uiteindelik aanvaarding. Om skielik die verantwoordelikheid van 2 jong kinders, 'n plot (met 'n skoonma, verskeie huurders, oes op die land en die normale pompe wat breek en pype wat bars challanges) was dit nie elke dag maklik nie. Ek moes steeds werk om die uitgawes te kon dek maar na-ure moes ons almal inspring en herstel-, instandhouding en ander werk doen sodat almal kon ligte, water en herstelde dakke oor hul koppe kon hê! Toe my seun kollege toe is, moes ek en Rolinda self bore en skroewedraaiers begin baasraak om die "ligte" herstelwerk te kon doen. Twee jaar na my man se dood het my (nou) verloofde in ons lewe ingekom en begin help met al die plaas-verwante werkies. Ekself het 'n "liefde" ontwikkel vir houtwerk, algemene huis-rennovations, bokke- en skape boerdery en ek oorweeg sterk om hiervan 'n afgetrede-loopbaan van te maak wanneer ek oor 'n paar jaar van nou af moontlik gaan aftree. Rolinda het tydens haar Hoërskooljare baie hard gewerk (akademies) en ten spyte van uitdagings met van haar skool-vakke, het sy deurgedruk en na matriek ingeskryf by NWU vir Bedryfs Ingenieurswese. Ons kon nog nie vir haar 'n voertuig koop (saam met al die Universiteits-uitgawes) nie want sy moes 'n oorbrugings-kursus in BsC Chemie en Fisika doen EN die regte persentasie in punte behaar in Wiskunde en Wetenskap alvorens die Universiteit haar aansoek om oor te skakel na Bedryfs Ingenieurswese sou oorweeg. Rolinda het haar kant gebring (en selfs Golden Key award gekry in haar eerste jaar!) en kon die volgende jaar omskakel na Ingenieurswese. As alles goedgaan beplan sy om einde 2026 te kwalifiseer by NWU en die volgende hoofstuk van haar lewe te kan begin!
Antwoord 3: Kommunikeer, kommunikeer of kom in die k@k!! Selfs al voel julle dat julle sleg koppe stamp en oor niks ooit sal saamstem nie - PRAAT met mekaar! Vertel hoe jy voel, hoekom jy so voel, hoe jy dinge graag sou wou hê maar wees ook bereid om vir die ander persoon te LUISTER!! As ouer dink mens jou kind sal nooit verstaan hoe moeilik dinge emosioneel, tyd-verwant, finansieel ens vir jou is nie....WYS hulle jou bank-state... jou laaang lys van uitgawes en verantwoordelikhede sodat hulle kan verstaan waar jou "NEE" vandaan kom. Maar wees ook bereid om na jou kind te luister want kind-wees is nie vandag wat dit 30 jaar terug was nie. Hul oop-kop denkwyse was vir my 'n eye-opener toe ek werklik die dag met 'n oop gemoed LUISTER sonder om teen-argumente in my kop te formuleer. Drie koppe is werklik beter as een - al is twee van daai koppe nog vol muisneste! Lag en speel net so hard saam met mekaar as wat jul bereid is om saam te huil. Lag en gedeelde belangstellings skep geleenthede vir "dieper" gesprekke en jy leer baie meer van jou kind as jy luister en oplet. Maak saam kos in die kombuis (met musiek), gaan saam winkels toe - nie net om klere te koop nie. Moet nooit vir jou kind lieg nie - al is dit hoe moeilik om die waarheid te vertel. Ongelukkig kom waarhede ALTYD uit - as dit nie vandag is nie, dan 'n jaar of ses van nou af. Dit kan die skade net soveel erger maak as wat jy net die eerste keer eerlik met hulle kon gewees het. Maak jou huis en hart oop vir hul vriende en vriendinne (ten minste WEET jy dan waar en saam met wie jou kind is!) Gee kos en liefde en aandag in dieselfde hoeveelhede - soos hul groter word sal die balans self aangepas word. Ek wou my kinders (veral my dogter) BESKERM teen die wêreld - dis verkeerd... hulle MOET leer om self te vlieg (wat seerkry insluit!) Onthou God se Hande is baie sterker as joune - vertrou Hom soos wat Hy jou vertrou het die dag toe Hy daai klein bondeltjie in jou arms neergelê het!