Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Elaine Joubert

Elaine Joubert

Dorp: Alberton

Antwoord 1: My ma is my yster vrou in my lewe. Sy is altyd daar vir my in enige iets wat ek aanpak of doen. Sy sal haarself laaste sit om seker te maak almal om haar is gelukkig. Sy gee nooit moed op nie en het altyd hoop vir beter dinge in die lewe as dit nie goed gaan nie. Haar geloof in Here is genoeg om enige mens se lewe te verander. Sonder haar is my vrou wees nie moontlik nie sy is my Alles. My ma op die ouderdom van 70 kan jy elke dag deur ‘n ring trek met hoe sy haarself oppas. Ek sal enige iets in my vermoë doen vir haar altyd.

Antwoord 2: My broer was baie siek gewees en is 2 jaar terug oorlede aan nierversaking. ONS het dag in en dag uit tyd saam met hom spandeer by die hospice waar hy later sy vlerke gekry het. Die pad wat ons saam gestap het en daar was vir mekaar deur die tyd en selfs nou nog sal altyd vir my spesiaal wees. Ons het ons huil dae saam en ons dae van herrineringe oor hom. Die dae wat die een af voel is die ander een daar om weer trane af te droog en op te tel. Daai tyd sal ek veraltyd koester.

Antwoord 3: Eer jou moeder en respekteer mekaar. Wees daar vir mekaar elke dag want elke dag is kosbaar. Deel Alles met mekaar. Jou ma is jou enigste week like vriendin wat jou aanvaar met al jou “flaws” en al jou mooi wees want sy was daar van die dag wat jou lewe begin het.