
Dorp: Durban
Antwoord 1: Van n baie vroee ouderdom in my dogter se lewe stap ons tweetjies die pad aleen saam. Ek en sy - Team Anderson! n buitengewone familie van twee. Josie (my dogter) is my beste vriendin. Waar ek gaan volg sy. Al van die Jong ouderdom van 2 het sy blindelings vertrou dat haar mamma n uitweg vir alles het. Sy maak die pad wat n enkel mamma stap n groot seen! Daar is geen uitdaaging wat sy nie bankvastig agter my staan nie - mamma ons face alles saam, soos n span. Ons beweeg saam soos n eenheid en saam pak ons vir die laaste 18 jaar hand aan hand die lewe aan.
Antwoord 2: n paar jaar gelede het ons vanaf JHB na Durban verhuis. n nuwe skool, n nuwe kultuur..alles nuut, gedurende dieselfde tydperk was finansies beroerd. Dinge was rof en vir een keer het ek nie n plan gehad om Team Anderson te red nie. Ek was raadop, op my knee. Ek wou opgee, oortuig dat ons alles wat ons het kan verloor. Oproep na oproep vanaf skuld eisers, familie lede wat moet kos vouchers stuur. Hoe kyk ek haar in die oë en sê weer jammer ons kan nie. Toe die druk te veel raak en Ek wou gaan lê het sy my weer op getel. My gerus gestel dat Ek ons nog altyd dra, nog altyd n volgende stap het en dat Ek hierdie klip uit die pad sal rol, met haar hulp. Ons is immers Team Anderson is ons nie? Vandag kyk ek terug. Sy was reg! Ons het - ons rol nie net die klippe nie, ons crush hulle! Saam, altyd saam!
Antwoord 3: n Ma en dogter verhouding is soos enige ander een. Wat jy insit, sal jy uitkry. Wys Liefde en jy sal Liefde ontvang. Wys repek en dieselfde sal vir jou gewys word. Wees werk en oop met mekaar en as iets krap, praat dit uit. Maak tyd vir mekaar met drukkies en simpel grappies, dag dates en spesiale oomblikke. Jy is jou dogter se heel eerste beste vriendin, wys haar hoe spesiaal so n vriendskap moet wees - wees die beste voorbeeld van n beste vriendin, sodat sy weet om vir niks minder te settle nie