
Dorp: Vrystaat
Antwoord 1: Ons verhouding is spesiaal want ons is deur dik en dun daar vir mekaar. Ek is die jongste van my ma se 4 kinders en ek is ook die enigste dogter. My ma het ons vrou alleen groot gemaak en my gewys wat dit is om 'n sterk selfstandige vrou te wees. Vandag is ek self 'n ma en my ma is my beste vriendin. Ek weet nie wat ek sal doen sonder my ma nie. As ek raad nodig het of 'n skouer om op te huil of net iemand om by af te pak is my ma daar. Sy het nog nooit een van haar kinders in die steek gelaat nie. Ek ken eerlikwaar nie n beter vrou en ma as my ma nie. Sy het 'n hart van goud en sal haar laaste gee vir haar kinders. Ek is vandag die vrou en ma wat ek is omdat ek so goeie voorbeeld gehad. My ma het nog altyd geweet sy wou 'n dogter hê en sy het lank gewag en die Here het haar 'n dogter gegee, toevallig was ek ook die kond wat sy die langste geborsvoed het tussen die 4 en hul sê die band wat jy bou met jou kind as jy borsvoed is spesiaal🥰
Antwoord 2: Toe ek 3 jaar oud was het my ma getrou met 'n abusive man wat sy hande vir haar gelig het en haar mondelings afgekraak het. My broers het heen en weer getrek tussen my ma en pa maar ek het my hele lewe lank by my ma gebly daarom was ek saam haar deur alles. Sy het 6 jaar in die huwelik gebly voor sy die moed bymekaar gemaak het om te skei. Sy het my groot gemaak om 'n sterk persoonlikheid te hê sodat ek nooit sal toelaat dat 'n man my so behandel nie en ek is so dankbaar daarvoor. Ek is in 2022 getroud en het deur 2 miskrame gegaan wat my gebreek het en my ma het my moed in gepraat dat die Here ons sal seën met 'n babatjie wanneer Sy tyd reg is en sy het my positief gehou wanneer ek negatief geraak het oor die saak. Ek het toe Desember 2024 uitgevind ek is swanger en was so bang ek kry weer n miskraam my ma het saam my gebid dat die Here ons veilig hou en die baba gesond sal hou vir ons en Hy het. Ek het op 15 weke die geslag uitgevind maar ook dat ek 'n placenta previa het en dat ek 'n C-Section gaan moet hê as gevolg daarvan. My ma het my saans 2uur die oggend of middernag hospitaal toe gejaag asgevolg van bloeding wat die placenta previa veroorsaak het en aanhou saam my bid dat baba gesond is en gesond bly. Ek het op 34 weke geboorte gegee aan ons perfekte seuntjie en my ma was een van die eerstes wat hom ontmoet het saam my man en haar man (my stief pa). Ek self kon eers die volgende dag my baba seuntjie sien omdat ek eers moes loop voor ek hom in die NICU kon gaan sien en sy besoektye was verby toe ek die vorige aand begin loop het. Al het my ma so lank gebid en gewag saam ons vir die wonderlike seuntjie het sy elke dag vir my in die hospitaal kom kuier en my gebad tot ek self kon stort en nie een keer gekla nie. Sy het elke aand my rug gesmeer en masjieer omdat my rug in spasma is vandat ek geboorte gegee het en tot vandag toe as ek vra sy moet my rug kom smeer dan ry sy en kom smeer my rug. Wanneer my man nagskof werk kom sy in die nag en kom hou my geselskap en kom help my met my seuntjie want sy wil he ek moet ook rus. Sy wys my elke dag wat die betekenis is van 'n wonderlike ma wees en ek sê daagliks vir die Here dankie want ek kon nie vir n beter ma vra nie.
Antwoord 3: Wees altyd vinnig om te luister en stadig om te praat. Koester elke oomblik wat julle saam het want jy weet nie wanneer is dit julle laaste nie. Hou mekaar in julle gebede en wees daar wanneer die ander een jou nodig het. Bemoedig mekaar en wees lief vir mekaar. Onthou altyd dis die klein dinge in die lewe wat die lewe die moeite werd maak. Jy kry net een ma waardeer haar want sy het heel moontlik lank vir jou gewag en baie hard vir jou gebid. Wanneer julle stry kry onthou net tyd is 'n dief en hoe meer tyd spandeer word om te baklei hoe minder tyd is daar om vir mekaar liefde te wys. 'n Ma is baie dinge maar die belangrikste van alles is sy is onvervangbaar🫶