Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Denise Bothma

Denise Bothma

Dorp: Krugersdorp

Antwoord 1: Kom ek begin deur ons voor te stel. My naam is Denise, ek is 34 jaar oud, en my pragtige dogter, Jayden is 17. Ek en haar pappa (nogsteeds my manlief 😀 ) het haar baie jonk gehad, en ek glo vas dat dit vorm ons spesiale band. In 'n sin het ons 'n tipiese ma en dogter verhouding, maar dan is daar 'n deel van ons, eintlik die mederheid deel, wat net heeltemal die boksie breek. Met alles binne in my wou ek van dag 1 af hierdie klein dogtertjie beskerm van die donker wêreld, en ekt vas geglo, en doen nogsteeds, dat al hoe ek dit kon doen is as sy 100% in my glo, my vertrou en altyd alles kan vertel. En kom ek sè vir julle... sy vertel my alles, partykeer meer as wat ek graag wil weet lol. Jayden het my lewe gered, sy is my hero, en ek weet ek is haar hero, so ons streef daarna om mekaar net aan te vul in elke aspek van ons lewens.

Antwoord 2: So paar jaar gelede was ek genader om my storie te deel op 'n groot platform (my verlede is bietjie donker). Op daardie stadium was ek en my man in die bediening en moes ek natuurlik my beste voetjie voor sit en ek was bitter bang om my geraamtes uit te haal en voor almal neer te gooi. Na baie vas en bid, het die Here my die groen lig gegee om my storie te deel. Maar my grootste vrees was nie die honderde vrouens in die gehoor nie, dit was my dogter, wat ook alles moes hoor. Sy het geweet ek prep vir hierdie groot dag en ek het bly uitstel om haar alles te vertel. Die aand voor die event, toe sit ek op haar bed, en vertel haar alles. Ek was so bang dat ek haar idee van hierdie perfekte mamma, virewig verwoes het. Na al die donker stories en vreeslike gebeurtenisse, het sy my stip in die oë gekyk, my vas gedruk en gesè sy is nog meer trots op my as ooit te vore. Ek en sy moes saam leer, hoe om die goeie en slegte komentaar rondom my storie te kan hanteer. En dat my storie, nie haar lewenspad en roeping bepaal nie, maar dat sy dit kon gebruik as 'n wegspringblok na iets besonders!

Antwoord 3: Mamma, jy MOET die veiligste plek wees vir jou dogter om te kan wees wie sy wil wees, om te kan sè wat sy wil sè, om te kan vra wat sy wil vra, en om te kan hulp vra wanneer sy hulp nodig het. En vir die dogters, ek kan nou nie namens my dogter praat nie, maar ek glo sy sal sè dat die feit dat ek haar respekteer vir die mens wie sy is, help haar om te kan probeer, om te kan foute maak, om daaruit te kan leer, en so jouself te kan vind sonder beperkings.