
Dorp: Polokwane
Antwoord 1: Victoria is in Merensky in die koshuis. Aanpassing was 'n groot uitdaging maar sy het bo dit uitgestyg om so baie pryse te wen vir haar dans en drama. Dit het ons geleer om so baie dae oor die kleinste dingetjies te praat en net te lag as iemand iets snaaks vertel. My beste tye is as ons vêr moet ry vir haar kompetisies. Voor die tyd is alles so stil in die voertuig en na die tyd kan jy die verligting in haar hele optrede opmerk. Dan kan ons elke oomblik oor deel en seefier as sy 'n goeie dag gehad het. Snaaks hoe die mees sensitiewe oomblikke is dat jy kan aanvoel, moet ons in stilte net saam bid of mag ons saam lag want die lewe is mooi omdat sy daarin is
Antwoord 2: Haar krag kom van die feit dat sy koshuis toe was in gr8. Ek kon 2 weke in sien dat iets groot fout was. Sy het geweet dat die skool vir haar toekoms die beste keuse was maar die aanpassing was so rof. Elke Vrydag moes ons lank sit en gesels en leer hoe om al die uitdagings te hanteer. Vandag verjuig ek my in haar as ek sien hoe sy blom net omdat sy deursettingsvermoê het. Ek het geen vrese vir haar in die toekoms nie omdat sy hierdie brug met vliënde vaandels verower het en vandag uitstyg met al haar prestasies. Ek sien so uit na haar volgende uitdaging
Antwoord 3: Leer om sensitief te wees vir mekaar se emosies. As jy so baie deur 'n situasie is, beteken nie dat jou dogter ook so maklik deur dieselfde situasie sal vlieg nie. Help haar om haar vlerke te vind en met selfvertroue volgende uitdagings aan te pak. Jy as ma is die enigste een wat met liefde sal luister na enige emosie of gebeurtenis. Moet nie daardie geleentheid mis deur te besig te wees met preke nie