
Dorp: Marquard
Antwoord 1: Ons lag, droom, beplan en huil saam. Beste vriendinne met wedersydse respek vir mekaar. Die geaardhede is baie dieselfde en beide van ons is uiters onafhanklike en sterk vroue. Ons kan oor enige onderwerp gesels en kennis uitruil. Soms tot laatnag diep gesprekke voer of sommer net laf wees oor 'n koppie boeretroos of yskoue glasie wyn. Dit is lekker om ons passies vir die lewe te deel Wat 'n besonderse voorreg om mekaar so mooi aan te vul.
Antwoord 2: Ons was 3 generasies in een huishouding. Pa was 27 jaar ouer as Ma en Ma 22 jaar ouer as dogter. Hierdie ouderdoms verskille het WERK gekos en noodloos om te sê glad nie 'n eendag "quick fix" nie, maar jarelange se toewyding. Dit het ons gedwing om mekaar se "eras" te respekteer en te bou aan verhoudings. Die belangrikheid van dissipline en huisreels moes aangeleer word. Ons is almal blootgestel aan vriende van verskillende ouderdomme en moes leer dat almal 'n plekkie onder die son gegun word.
Antwoord 3: Beste raad is kommunnikasie, wedersydse respek en gun mekaar "alleen tyd". Jul kan die beste van bestes "maats" wees, maar 'n goeie verhouding word gebou deur tyd te maak vir mekaar. Maak daardie afspraak vir 'n koek en tee in 'n mooi teetuin - die gesels kom vanself met spesiale afsprake. Stel jou dogter op 'n vroeë ouderdom reeds bekend aan teaters, buitelug konserte en museums. Leer saam om 'n tafel te dek met mooi eetgerei, blomme en natuurlik die aanmekaar flans van lekker disse. Trek dan die beste rok in jou klerekas aan vir die geleentheid. Luister na jou dogter se idees, drome en ideale. Mens kan nogal agterkom hoe die jeug se koppe werk as jy net luister soms. Deel jou wysheid sonder om jou denkwyse af te dwing. Wees lief vir mekaar.