Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Cheryl Davidson

Cheryl Davidson

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Die sterkste verhouding wat daar op die aarde kan wees is 'n moeder met haar kind. Van ek kan onthou is my moeder my beste vriendin met wie ek alles kon deel en wat my by gestaan het deur duk en din. Altyd daar sonder geen twyfel nie. Net so is ek my moeder se beste vriendin. Aanvaar mekaar soos ons is en besef hoe broos die mens is en dat mens na mekaar moet kyk op alle vlakke en dat die belankrike dinge in die lewe nie dinge is wat geld kan koop nie maar die diep dinge is wat ons as ma en dogter die meeste benodig.

Antwoord 2: Ek en my moeder en suster het almal bors kanker beleef. In die vreemde omgewing waarin ons ons bevind het het ons mekaar by gestaan en gedra met die krag van ons Hemelse Vader en die wete dat ons daar was vir mekaar om net te luister wat ons beleef of 'n glimlag en grappie as mens nie lekker gevoel het nie. Om dit saam te kon oorleef en herwin het ons besef hoe gelukkig ons is om mekaar te kan hê en hoe pragtig en besonders die lewe is.

Antwoord 3: Wees altyd nederig en oop met mekaar en besef hoe wonderlik dit is om 'n moeder of dogter te wees vir so wonderwerk wat ons Hemelse Vader geskappe het en waardeer elke oomblik saam en alles wat julle saam kan beleef in mekaar se lewens. Die lewe is kort maar so wonderlik om 'n moeder te hê wat so diep omgee en lief het net soos ek vir my moeder is.