
Dorp: Vaalwater
Antwoord 1: Like Mother-Like Daughter. Ons lyk nie net na mekaar nie, ons deel dieselfde persoonlikheid en ons deel n openlike en eerlike verhouding. Ek kan vir Ria-Lizé sê as ek nie van iets hou en versa visa en sy sal my altyd vra hoe sy lyk met n foto wat sy stuur, al bly ons ver van mekaar praat ons elke dag en nou deel ons n pragtige dogtertjie wat weer nes haar mamma lyk.
Antwoord 2: Rondom 16/17jarige ouderdom, n moeilike ouderdom vir enige meisiekind het ek en Ria-Lizé baie vasgesit. Sy was hardkoppig en eiewys en het nie stilgebly of terug gestaan vir haar Ma nie. Haar Pa moes gereeld tussenbeide tree gedurende ons rusies. Syt matriek geskryf, begin studeer en n groot ommeswaai het ingetree. Syt besef waaroor die grootmens lewe gaan en dat haar Ma net haar belange op die hart gedra het. Ek weer het geleer om haar meer ruimte te gee vir groei en verantwoordelikheid. Nou is ons beste tjommies.
Antwoord 3: Moet nie teen mekaar werk nie. Al deel julle n verwantskap, selfde persoonlikheid of karakter eienskappe is julle 2 verskillende mense met verskillende uitkyke op die lewe. Neem altyd jou dogter se belange op die hart maar gee haar die geleentheid om haar punt ook te stel. Probeer om beskaafd te kommunikeer en nie in die hitte van die oomblik. Moenie opgee, hou uit, hou aan - julle gaan deur aldie fases kom.