Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Anneke Rheeder

Anneke Rheeder

Dorp: Waverley, Pretoria

Antwoord 1: Ek (Anneke) en Mars (Marli) is twee gewone vroue, met geen uistaande kwaliteite nie, maar ons verhouding is uitstaande. Ons put krag uit mekaar se teenwoordigheid, ons kan lekker saam lag en huil, ons deel ons privaat grappies en ons is mekaar se klankborde. Marli is vroeër vanjaar getroud, en dié reis tot trou en getroud wees was en is ekstra spesiaal.

Antwoord 2: Daar is so baie wat ons al beleef het, wat ons verhouding versterk het, maar ek dink ons verstaan van mekaar is gevorm deur 2 gebeurtenisse. Marli is in graad 9 met Hashimoto disease gediagnoseer en die lang pad met 'n onsigbare stryd het begin. In graad 11 het sy ook haar been gebrand met kookwater. Hierdie intense seer en swaarkry van haar het ons die kosbaarheid van mekaar laat ontdek. Daar was egter veel meer goeie as slegte tye.

Antwoord 3: Praat en LAG. Om mekaar te aanvaar en die mooiste in elkeen se bedoelings raak te sien. Spandeer tyd saam. Al is dit 'n super luuksheid, reël ons om ons gel tone elke 7-8 weke saam te doen. Die terapeute weet al ons gesels heeltyd. Moet ook nie heeltyd ander bespreek nie, geniet en leer van mekaar. Ons as Ma's kan baie by ons jong dogters leer. Hulle is uniek en kosbaar met 'n wysheid bo hul ouderdom.