
Dorp: Bredasdorp wes kaap
Antwoord 1: Ek, Hanli, en my dogter Emikha het ’n besonderse band wat deur jare se vasbyt, liefde en alleen-ma-wees gevorm is. Ek het haar eers op 40 gekry – my “kind van bo” – en van die eerste dag af was dit net ek en sy teen die wêreld. Ons verhouding is sterk omdat ons mekaar deur elke uitdaging dra, saam groei en mekaar onvoorwaardelik ondersteun. Emikha is 17 jaar oud, vol drome, en ek is trots op die jong vrou wat sy word. Ons wil graag die Willem Botha Makeover wen omdat dit vir ons ’n kans is om iets besonders saam te doen – ’n viering van alles wat ons al deurgekom het, en ’n mooi nuwe begin vir haar volwasse lewe en my nuwe seisoen.
Antwoord 2: Minder goeie.. sy is deur n groot operasie laasjaar en konnie skool gaan nie. Daarom het ek haar op online skool gesit wat n baie goeie belewenis was.
Antwoord 3: 1. Wees eerlik, maar sag. Praat oor dinge soos dit is, maar altyd met respek. Wanneer albei voel hulle kan hul hart oopmaak sonder oordeel, groei vertroue vinnig. 2. Luister regtig. Moenie net hoor om te antwoord nie—hoor om te verstaan. Vra vrae en wys jy gee om oor hoe sy voel, nie net wat sy doen nie. 3. Stel klein rituele. Dit kan ’n koppie tee saam haar wees of n stap langs die see. Vra altyd waarvan sy hou